{ARGIEF}

 Hervorming van die Kerk,

Samelewing

en Mense

 

Die Winterskool wat jaarliks deur die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, aangebied word, vind vanjaar van Dinsdag 13 Junie tot Donderdag 15 Junie plaas en handel oor die tema Hervorming van die Kerk, Samelewing en Mense.
In die lig van die 500-jarige viering van die Hervorming sal die Winterskool van 2017 kyk na die behoefte aan ‘n deurlopende hervorming van die kerk, samelewing en mense. Die fokus sal wees op wat ons van die Hervorming kan leer, maar ook op besprekings van hoe ons kan voortgaan om nuwe maniere te soek om kerk te wees in ‘n vinnig veranderende samelewing.

Die hoofsprekers is:

  • Dr Ishmael Noko, president van die Inter-geloofsaksie vir Vrede in Afrika,
  • Regter Steven Majiedt, regter van die Hooggeregshof van Appèl en
  • Dr Margaret Blackie, dosent aan die Departement Chemie en Polimeerwetenskap, Universiteit Stellenbosch.

Die hoofsessies sal aangevul word met ‘n wye reeks verwante parallelle sessies.
Let asseblief daarop dat, as gevolg van die ekumeniese aard van die konferensie, Engels die hooftaal van aanbieding sal wees.
Die Winterskool vind plaas by die Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch.
Die koste beloop R350 vir die volle kursus.

Kliek hier vir die inskrywingsvorm:  WinterSchoolRegistrationForm2017
en hier vir die program:  WinterSchool 2017Winterskool
Die sluitingsdatum vir registrasie is Vrydag 2 Junie 2017.

Navrae:
Helette van der Westhuizen, tel: 021 808 9560; e-pos: hvdwest@sun.ac.za
Divine Robertson, tel: 021 808 2827; e-pos: dr@sun.ac.za
Wilma le Roux, tel: 021 808 3624; e-pos: wler@sun.ac.za
Marita Snyman, tel: 021 808 2538; e-pos: maritasnyman@sun.ac.za