{ARGIEF}

Christologie: wie is Jesus Christus  vir ons vandag  (VBO 22)

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm af

 

Aanbieders:  Dirkie Smit, Francois Wessels en Coenie Burger
Datum:  13–15 Okt 2009
Plek:  Stellenbosch

Tema en doel: 

  • Jesus is meer gewild as die kerk. Selfs mense wat niks met die kerk te doen wil hê nie, is geïnteresseerd in die mens Jesus. Mense wat nooit kerk toe gaan nie, lees boeke oor Jesus. Maar is die Christus wat deur die kerk verkondig word, dieselfde as die historiese Jesus van Nasaret? 
  • Was die vroeë kerk se verkondiging van Jesus as die Christus en Here in lyn met die “eenvoudige boodskap van Jesus”?

Inhoud:

  • Hoekom is die “historiese Jesus” nou weer van belang?
  • Wat is die verband tussen die historiese Jesus en die Christus wat in NT en die vroeë kerk verkondig is? 
  • Wat is die verband tussen Jesus se bood¬skap en die kerk se boodskap vandag?

Uitkomste:

  • ‘n Duideliker begrip van die nuwe debat oor die historiese Jesus en die vaardigheid en riglyne om die verskillende historiese konstruksies van Jesus te beoordeel
  • ’n Beter verstaan van hoe die vroegste Christologie (leer van Jesus as die Christus) gevorm is
  • ‘n Insig waarom die Christologiese vraag¬stukke van die vroeë kerk altyd weer aan die kerk gestel word – ook aan die kerk van vandag.