{ARGIEF}

computer_smashKursusse bywoon? Om te wat? 
Hoekom moet ek gedwing word om ‘n kursus by te woon?
Watse gelol is dit met punte?
Ek is nie elektronies aangelê nie, is dit regtig nodig dat ek so moet sukkel?
 
Dis van die vrae wat rondom kursusse en die verdien van punte gevra word.
Dit hoef egter nie so ‘n bedreiging te wees nie …


Die besluit
Almal is reeds daarvan bewus dat  daar by die Algemene Sinode van 2007 besluit is om “in belang van bedieningsbevoegdheid, voortgesette bedieningsontwikkeling vir huidige predikante verpligtend te maak”, en hierdie besluit is by die sitting van die Wes-Kaapse Sinode ’n paar maande later bekragtig.
My verantwoordelikheid?
Die reëling is dat dominees self met hul selfoon per sms sal registreer. Dan moet jy jou eie profiel aan jou tuisgemeente koppel sodat jy jou punte en profiel via die internet kan administreer.
Heelwat mense is nie baie gelukkig oor hierdie reëling nie – so ‘n taak lê dalk soos ‘n spreekwoordelike berg voor hulle.
MAAR …
Ons besef dat persoon A en persoon B nie ewe bedrewe is met die sg. moderne tegnologie nie – ons almal het immers unieke gawes en talente. Dinge soos rekenaars, i-pads, selfone en die internet is vir een persoon onontbeerlik en ‘n heerlike tool en speelding, terwyl dit vir iemand anders net eenvoudig Grieks en tydmors is!

Nog nie geregistreer nie?  Daar’s HOOP!

Kom ons help jou dus om oor hierdie berg te kom.

As jy nog nie geregistreer het nie, kan jy een van hierdie opsies uitoefen:

  • Registreer self:
  1. Registreer met jou selfoon deur  die stappe te volg wat hier vir jou verduidelik word. 
    Kliek hier: Hoe om as CPD Solutions gebruiker te registreer
  2. Die tweede stap is om jou aan jou gemeente te koppel. (Dit word gedoen sodat jou profiel “gehaak” word aan die databasis en jy jou punte op die CPD Solutions se webwerb kan sien.) 
    Om jou aan jou gemeente te koppel, kliek hier: Om aan ‘n gemeente te koppel
  3. Die derde stap is om na elke kursus jou die puntekode op jou profiel te laai.
    Dit doen jy só: Hoe om jou bywoning van ‘n kursus te registreer
  4. Nou is jy in staat om self jou punte-inligting op die webwerf  te sien.
    Volg net die volgende stappe: Hoe om jou punte op die webwerf na te gaan
  • Vra iemand om jou te help

Kopieer die vier registrasiestappe wat hier bo genoem word, en vra iemand wat hou van die tegnologie om jou te help registreer.

  • Ons help jou registreer :      

Per telefoon: Gebruik ‘n landlyn en skakel  Wilma by 021-808 3624, dan begelei ons jou om dit per sms te doen. Terselfdertyd kan ons jou aan jou gemeente koppel en kan jy al jou afgelope kursusse laai.

Persoonlik: Kom maak ‘n draai by Communitas, en drink ‘n koppie koffie terwyl ons jou met jou selfoon registreer en dan per rekenaar aan jou gemeente koppel (en sommer terselfdertyd al die kursusse wat jy reeds gedoen het, se kodes soek en oplaai!)

En siedaar, jy is op die sisteem.  
Na elke kursus sms jy net die B-kode wat gegee word na 31029. En onthou, jy kan jy op die internet inlog en sien hoe die stand van jou punte lyk.