{ARGIEF}

Die prediking van die Nuwe Testament  (VBO 21)

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm af 

Aanbieders:  Andries Cilliers, Flip Theron en Eddie Orsmond
Datum:  13–15 Okt 2009
Plek:  Stellenbosch

Tema en doel:  Dit is ‘n kursus wat gerig is op die praktyk van preekmaak, met spesifieke aandag aan Skrifgedeeltes uit die Nuwe Testament wat in die Leesrooster voorgestel word.  Die doel is om saam te groei in ons insig in die aard van verkondiging, sinvolle voorbereiding en die skryf van kreatiewe, Skrifgetroue preke.

Inhoud:  Ons gaan inleidend saam gesels oor kwessies soos prediking en konteks; prediking en die regverdigingsleer en die gebruik van die 4 leesroostertekste in die erediens en hoe dit vir die prediking benut kan word.  Daarna gaan ons intensief saam werk aan vyf tekste uit die Nuwe Testament wat in die Leesrooster voorgestel word, uit die boeke Lukas, Galasiers en 1 Timoteus. Daar sal ‘n kort inleiding oor elk van dié boeke gegee word, maar die fokus sal op Skrifuitleg en preekmaak val.

Uitkomste:  Kursusgangers sal kan huis toe gaan met ‘n verrykte insig in die preekvoorbereidingsproses; verdiepte kennis van drie boeke van die Nuwe Testa­ment en met vyf konseppreke wat al ver in die voorbereidingsproses gevorder het.

DIE PREDIKING VAN DIE NUWE TESTAMENT

KURSUSRAAMWERK

 

 

DINSDAG 13 OKTOBER

10h00 – 11h00

Preek in konteks

Oop gesprek oor egte kontekstuele prediking

Andries Cilliers

11h00 – 11h20

Teetyd

 

 

11h20 – 12h00

Inleiding: Lukas

Eksegetiese riglyne oor die boek Lukas

Eddie Orsmond

12h00 – 13h00

Lukas 14:1-14
Lukas 19:28-40

Groeplede lees twee tekste selfstandig deur met die oog op groepsbespreking

 

13h00 – 14h00

Middagete

 

 

14h00 – 14h55

Lukas 14:1-14

Eksegetiese riglyne; Groepswerk; Terugvoer

Eddie Orsmond

14h55 – 15h05

Koffietyd

 

 

15h04 – 16h00

Lukas 19:28-40

Eksegetiese riglyne;  Groepswerk;  Terugvoer

Eddie Orsmond

WOENSDAG, 14 OKTOBER

09h00 – 10h00

Regverdigingsleer

Oop gesprek oor die huidige belangstelling in die regverdigingsleer en die prediking daaroor

Andries Cilliers

10h00 – 11h00

Die prediking van Lukas 14:1-14 en
Lukas 19:28-40

Homiletiese riglyne en oop gesprek aan die hand van groeplede se voorstelle.

Eddie Orsmond

11h00 – 11h20

Teetyd

 

 

11h20 – 12h00

Inleiding: Galasiërs

Eksegetiese riglyne oor boek Galasiërs

Andries Cilliers

12h00 – 13h00

Galasiërs 2:15-21
Galasiërs 5:1; 13-26

Groeplede lees twee tekste selfstandig deur met die oog op groepsbespreking

 

13h00 – 14h00

Middagete

 

 

14h00 – 14h55

Galasiërs 2:15-21

Eksegetiese riglyne; Groepswerk; Terugvoer

Andries Cilliers

14h55 – 15h05

Koffietyd

 

 

15h05 – 16h00

Galasiërs 5:1; 13-26

Eksegetiese riglyne;  Groepswerk;  Terugvoer

Andries Cilliers

DONDERDAG, 15 OKTOBER

09h00 – 10h00

Hoe werk ek met die vier RCL tekste in die erediens?

Oop gesprek oor die RCL se keuse van vier tekste vir die erediens en hoe dit vir die prediking benut kan word.

Eddie Orsmond

10h00 – 11h00

Die prediking van Galasiërs 2:15-21 en Galasiërs 5:1; 13-26

Homiletiese riglyne en oop gesprek aan die hand van groeplede se voorstelle.

Andries Cilliers

11h00 – 11h20

Teetyd

 

 

11h20 – 12h00

Inleiding: 1 Timoteus

Eksegetiese riglyne oor 1 Timoteus

Andries Cilliers

12h00 – 12h30

1 Timoteus 6:6-19

Groeplede lees die teks selfstandig deur met die oog op groepsbespreking

 

12h30

1 Timoteus 6:6-19

Eksegetiese riglyne; Groepwerk; Terugvoer; Preekvoorstel.

Andries Cilliers