{ARGIEF}

Geluk is …

Oorvloed!

abundance

Ons praat oor abundance. “IN AN ABUNDANCE PERSPECTIVE: AIM HIGH”.
Dis nie net gewoon-wees nie, maar om uit te staan.

Ek sit by een van die sessies van die nuwe kursus oor Geluk: Deugde-in-praktyk om te floreer (Happiness: virtue practices to flourish). Dis ‘n nuwe wêreld wat oopgaan. Ons luister, gesels saam, herken die dinge wat ons elke dag mee te doen het, en verstaan vir die eerste keer hoekom dit ons so beïnvloed, en hoe ons deur anders daarna te kyk en anders daaroor te dink, die lewe met vreugde te kan leef.

Terug na abundance. Oorvloed.  Dit laat jou mikpunt en aspirasievlak beduidend skuif. Dit gee ons energie om ’n toekoms te skep; om nie vas te val in die verlede nie.  “The future is better than what we think”. Hierdie oorvloeds-beginsel sê daardie toekoms gaan BAIE beter wees as wat ons gedink het.
Die gevoel wat jy het is die resultaat van keuses wat jy maak. Abundance is die resultaat van hoe jy na iets kyk. Ek het ’n keuse van waarop ek fokus. Ek KIES abundance. En ek fokus op dit wat ek hét, en gebruik dit maksimaal. Dis ‘positive deviance’(Positiewe afwyking sê dit nie so mooi nie!): In ’n verhouding kies ek om nie net behulpsaam en gaaf (helpful) te wees nie, maar Honouring. Dis soveel meer as net gaaf, vriendelik, behulpsaam. Dis om almal met wie ek te doen het, in alle opsigte te eer.
Nog ’n voorbeeld van positive deviance is om nie net te ‘cope’ (oorleef) nie, maar om te kies om te floreer, te blom (flourish).
Dit alles gaan oor wat hulle noem ‘my circle of influence’ – my omgewing; om nie tevrede te wees met gemiddeldheid nie, maar met uitmuntendheid (excellence). En dit vra ’n nuwe ingesteldheid. Die punt is: verandering begin nie by die munisipaliteit nie, nie by Zuma, of die Bestuur, of die Kerkraad, of die gemeenskapsleiers nie. Verandering begin by MY.
Happiness – Geluk – begin by mý!
Dit was maar ’n  gedeelte van een van die 14 sessies. Volgende jaar doen hulle dit weer, en daar is reeds ’n aantal mense wat dit nie vanjaar kon maak nie, wat dit graag volgende jaar wil bywoon. Indien jy jou naam op die lys wil plaas, kontak ons gerus by Communitas se VBO-kantoor.

 DSCN0282 IMG-20140730-01016