{ARGIEF}

Die Bybelverhale gee ‘n goue draad deur die Ou en Nuwe Testament en eindig by die verlossing in Jesus Christus. Die kursus geskied verkieslik op ‘n een-tot-een basis en student en dosent bepaal ‘n uur per week. Dit is ook geskik vir klein groepe.  Die kursus word gedoen deur die tempo wat die student kan handhaaf, maar behoort binne ‘n jaar afgehandel te kan word. Die student moet daagliks ‘n aktiwiteit voltooi (duur 20 min) wat hom in aanraking hou met die les wat geleer is.

Die kursus is deur ‘n onderwyseres-predikantsvrou ontwikkel as deel van die ABC leer LEEF projek van die Kommissie vir Vrouelidmate. Tien volwassenes – trekkerbestuurders, arbeiders, huishulpe en tuinwerkers het in 2008 op Bonnievale die kursus voltooi en kan met groot selfvertroue hulle Bybel, straatname, etikette op voedselware en hulle eie posstukke lees!

Die volledige pakket kos R430 (posgeld ingesluit) en kan by die kantoor vir Vrouelidmate bestel word.  Tel 021 9577190  E-pos ngkvroue@kaapkerk.co.za Daar is nie kopiereg op die pakket nie – gemeentes/instansies kan dit aankoop en kopieë vir eie gebruik maak.  Dit mag egter nie verkoop word nie.