{ARGIEF}

Geloofsonderskeiding in die praktyk

Geloofsonderskeiding
Geloofsonderskeiding is ʼn ou Christelike geloofsdissipline, maar moet nou nuut aangeleer word deur geestelike leiers en vergaderings wat in die modernisme gewoond geraak het om besluite te neem in die lig van rasionele argumente, navorsing, feite en verslae en dit as komende van God aan te bied. Die dramatiese inploffing van veral hoofstroomkerke en die aan die kaak stel van ooglopende foute wat voortdurend in kerklike besluitnemingsprosesse gemaak word (vergelyk die koloniale periode, die Bybelse verdediging van apartheid, die nuwe imperialisme, Walls 2002:84-115), daag geestelike leiers en vergaderings uit om nuut te besin en luisterend die teenwoordigheid van die drie-enige God op te soek.
Die werklikheid is dat gelowiges en gelowige akademici so deur modernisme beïnvloed is, dat ons nie oor die vaardigheid van geloofsonderskeiding beskik nie…
In die twee-dag kursus ‘Geloofsonderskeiding in die praktyk’ gaan die klem val op die in-oefening van geloofsonderskeidende praktyke wat nodig is in die begeleiding van

  • jou eie reis
  • in die begeleiding van individue
  • vir vergaderings en leiers
  • in die gemeenskap

Ons gaan kyk na die praktyke van elkeen van bogenoemde kontekste en dit prakties in-oefen.
Ons hoop dat die kursus jou sal bemagtig om meer vaardig te wees met geloofsonderskeidende leierskap in die gemeente

Waar: Communitas, Stellenbosch
Wanneer: 28-29 September
VBO-punte: 20
Skryf in voor of op 22 September
Inskrywingsvorm: VBO 8 Geloofsonderskeiding
Spiritual discernment is calling on the Holy Spirit to lead or give direction on a matter. It is how the Spirit shows the church or its people what God wants them to do and be.
There is discernment of:

  • gifts,
  • spirits,
  • actions,
  • intents,
  • the course of the times we live in.

Discernment is more than just a skill. Discernment is a gift from God before it is anything else. Yet there are clearly skills you can put to use when using your gift, and you can become better at it through training and experience.
Discernment is more than just a process. Even for the most ‘material’ or ‘nitty-gritty’ matters, there is a Spirit at work nudging us, leading us, even pulling us by the nose ring. Then again, even for the most ‘spiritual’ matters, there are disciplines, methods, processes, lessons, means, and tools which the Spirit can work through to help us discern rightly.
Discernment isn’t usually a sudden zap from beyond, but something which emerges from hard work and close attention.
Learn to discern. Yearn to discern.
Uit: http://www.spirithome.com/discernment.html