{ARGIEF}

 

Nuwe leiers

vir

nuwe werklikhede

 leadership-134
Ons moet begin om heeltemal anders te dink oor wat die kerk is, hoekom die kerk daar is en hoe die kerk effektief en funksioneel kan raak. Wat hiervoor nodig is, is ʼn absoluut radikale sprong. Dit vereis ʼn enorme omwenteling, en dan is die groot vraag:  Wat vereis die nuwe situasie van kerke se leiers?

Skryf in vir hierdie baie interessante VBO-kursus en kom luister en gesels saam met Nelus Niemandt op 25–27 Februarie by Helderberg Gemeente, Somerset-Wes.
Die subtitel vir hierdie kursus is : Hoe leierskap in ʼn missionale konteks en midde-in die nuwe werklikhede van ons tyd ʼn verskil kan maak en dis bedoel vir mense wat die belange van hulle gemeente of die Christelike kerk op die hart dra en probeer sin maak van die uitdagings wat veranderende tye aan die kerk stel. Dit handel oor die soort leierskap wat nodig is om dié uitdagings die hoof te bied.
Die kursus word aangebied vanuit die oortuiging dat die manier waarop die kerk oor leierskap dink en natuurlik die leierskap wat gegee word, van deurslaggewende belang is.
Daar sal gefokus word op

  • die nuwe verstaan van missionale kerkwees wat by die Wêreldraad van Kerke in 2013 aan die lig gekom het,
  • en op nuwe insigte oor leierskap wat gemeentes kan help om beter aan te sluit by dit wat God reeds aan die doen is.

Ons gaan praat oor:

  • Die nuwe beleidsdokument van die Wêreldraad van Kerke (2013): “Together towards life: Mission and Evangelism in changing contexts”.
  • Wat ʼn missionale kerk is en hoe die kerk deelneem aan die missionêre beweging van die Drie-enige God.
  • Kontoere van leierskap wat deelname aan God se sending aanhelp.
  • Die soort spiritualiteit wat hierdie soort leierskap voed en ondersteun.

Die leraar sal na die tyd:

  • Insig hê in die splinternuwe ekumeniese verstaan van die kerk en veral die verstaan van sending en evangelisasie as deelname aan die proses waar God lewe in volheid uitdeel.
  • Die konsep van missionale kerk verstaan.
  • Insig hê in verskillende leierskapstipes.
  • Kontoere van missionale leierskap verstaan en kan toepas op sy/haar bedieningsituasie.
  • Nuuskierig wees om self verder te werk aan die soort spiritualiteit wat hierdie soort leierskap voed en ondersteun.

Om in te skryf, kliek hier: VBO 5 Nuwe leiers vir nuwe werklikhede