{ARGIEF}

VBO_9e_Geloofsreis Jaar 2 Retraite 5 DissipelskapVBO_9c_Geloofsreis 1 Innerlike reisVBO_9c_Geloofsreis 1 Innerlike reis

Geloofsreis vir Predikante

ʼn Mens se geloofsvorming is ‘n lewenslange reis saam met Jesus, en dit impliseer ‘n proses van radikale innerlike transformasie wat uitloop op diens aan jou naaste en aan die skepping.

Lees meer hieroor hier onder, en skryf in vir een van die twee retraites in Oktober:
Jaar 1 Retraite 3: Die Innerlike Reis of
Jaar 2 Retraite 2: Dissipelskap
 c_Bird


Geloofsvorming kan verder aan die hand van vier punte omskryf word:

  1. Herontdekking: ‘n “herontdekking” van wie Jesus is, en ‘n eerstehandse leer leef met Hom. Dallas Willard sê in sy boek, The Divine Conspiracy: “My hope is to gain a fresh hearing for Jesus, especially among those who believe they already understand Him”.
  2. Innerlike transformasie: Daar vind ‘n voortdurende innerlike transfor-masie van ons lewens plaas: “Becoming a new kind of person” (Willard).
  3. Groter emosionele gesondheid: ’n Baie belangrike aspek van hierdie transformasie is ons innerlike genesing en heling tot ‘n groter emosionele gesondheid.
  4. Liefdesdiens: Geloofsvorming loop altyd uit op liefdesdiens aan jou naaste en die skepping.

In die eerste jaar word in die eerste retraite gekyk na Emosioneel gesonde spiritualiteit, en in die tweede retraite herontdek jy saam met jou medereisigers vir Jesus en sy Evangelie. En nou lê die derde retraite van die eerste jaar se reis voor:

Retraite 3:  Die innerlike reis: vals self vs ware self.  Dit vind plaas van 7–10 Oktober 2013 en gaan daaroor dat groter emosionele heelheid van ons verwonding van kardinale belang is vir geloofsvorming.

Boeke om te lees: False self vs true self, Basil Pennington, en Abba’s child, Brennan Manning.
Bring kontant saam, want  ʼn  werkboek kan op die retraite verkry word teen R100.
Die begeleiers: Gys van Schoor en George Roux

 Vir ʼn inskrywingsvorm, kliek hier: VBO_9c_Geloofsreis 1 Innerlike reis, of skakel Wilma by 021-808 3624.

Sluitingsdatum: 26 September
In die tweede jaar van die geloofsreis word geloofs-reisigers tydens die eerste retraite m.b.v. die enneagram, ‘n ou wysheids-instrument, gehelp met selfkennis.

Tydens 14-17 Oktober vind Retraite 2 van jaar 2 plaas, getitel Dissipelskap. In hierdie paar dae help Dallas Willard jou om weer te fokus op jou eie dissipelskap.

ʼn Boek om hieroor te lees: The great omission, Dallas Willard
Notas word op die retraite verkry @ R50. Die begeleier is Gys van Schoor.

Vir ʼn inskrywingsvorm, kliek hier: VBO_9e_Geloofsreis Jaar 2 Retraite 5 Dissipelskap, of skakel Wilma by 021-808 3624

Sluitingsdatum: 3 Oktober