{ARGIEF}

Logoskursus in die verfrissing van Bybelse grondtale  

(Grieks & Hebreeus) 

Hebrew-Old_Testament

Die praktyk bevestig dat predikante verroes raak in die vermoë om Bybeltekste in hulle oorspronklike tale te lees.
Hierdie kursus is ʼn innoverende geleentheid vir predikante om hulle kennis van die grondtale op te skerp en te verfris.
Predikante word tegelyk ook opgelei in die gebruik en hantering van die Logosprogram wat as grondslag vir die bemeestering van die grondtale dien.

Aanbieders: Louis Jonker, Christo van der Merwe en Marius Nel
Datum: 6-7 April 2016
Deelnemers kry geleentheid om die basispakket vir die nuwe Logos 6 aan te koop teen ʼn spesiale afslagprys van R1000 ( = 10% van die normale prys).  Kontak asseblief vir Marius Nel (mjnel@sun.ac.za) vir meer inligting oor die pakket.
Die sagteware stel gebruikers in staat om

  • gemakliker toegang te kry tot die oorspronklike taalstruktuur van die teks,
  • asook die morfologie van die woorde
  • en dit bied vinnige toegang tot die betekenismoontlikhede van die oorspronklike woordeskat.

ʼn Opvolg daggeleentheid om die nuwe vaardigheid vas te lê na inoefening vind na ongeveer ʼn maand plaas – kursusgangers sal in die groep ʼn datum hiervoor bepaal.

Neem asb. kennis dat ʼn beperkte aantal persone op die kursus toegelaat kan word.
Sperdatum: Woensdag 30 Maart