{ARGIEF}

 Little entrepreneur

 

 VBO 7 :

 

Entrepreneurskap en Finansiële Intelligensie

 

 Entrepreneur 2

Die meeste van ons predikante is nie bekend  vir ons buitengewone finansiële intelligensie nie! 
Ons dink min oor geld, het gewoonlik te min geld(!) en sou verseker verkies om nie daaroor te praat met lidmate nie. 
In baie van ons gemeentes begin hierdie ingesteldheid  ons nou vang…

Daarom voel ons bevoorreg om oor drie weke ʼn nuwe besondere kursus (vir die eerste keer) hier aan te bied.  Dit is Dr Gerhard Botha se kursus oor finansiële intelligensie.

Ons weet dat baie van ons gemeentes (en onsself ook!)  onder finansiële druk is.  Van die redes hiervoor is dat mense vandag net anders oor geld en finansies dink as ʼn vyftig jaar gelede.  As ons hierdie nuwe patrone nie verstaan en weet hoe om dit te hanteer nie, lê daar baie moeilikheid vir ons voor.

  • Gerhard gaan in sy kursus met ons praat oor ʼn ander manier van dink oor geld en eiendom. 
  • Hy gaan ook Bybelse lyne rondom dit probeer trek en rigting gee oor hoe dit uitspeel in die finansies van gemeentes (sien die inligtingstuk vir meer informasie).
  • Gerhard maak tereg ʼn konneksie tussen hoe ons self dink oor geld en hoe ons met die gemeente praat oor geld
  • Daarom is deel van die kursus dat ons ook oor ons eie omgang met geld moet nadink.  (Natuurlik sal dit op ʼn diskrete manier gedoen word.) 
  • Hierdie kursus sal ook help vir jou wat dalk ‘n leraar in ʼn deelpos is en wat dink aan ʼn aanvulling van jou inkomste.

Ons beveel hierdie kursus baie sterk aan vir almal wat weet dat hulle meer moet begin dink oor hierdie kant van ons werk!

Wanneer: 4-5 Maart 2014
Waar: Stellenbosch
As jy wil inskryf hiervoor, kliek hierVBO 7 Entrepreneurskap en finansiële intelligensie

Die sperdatum is Donderdag 27 Februarie.
Vir meer inligting:
Uitkoms
Deelnemers aan hierdie werkswinkel sal aan die einde ’n beter begrip hê t.o.v. hul eie ingesteldheid t.o.v. die finansiële werklikhede binne die bediening. Hierdie ingesteldheid het onmiddellike, direkte en indirekte gevolge op elkeen se persoonlike finansiële situasie asook die gemeente se finansies. Hierdie ingesteldheid is bepalend in die indiwidu en gemeente se entrepreneuriese potensiaal en vermoë. Deelnemers sal kennis neem van die moontlikhede wat ’n entrepreneuriese ingesteldheid tot gevolg kan hê.
Die bekendstelling aan finansiële vaardighede en die kennis neem van persoonlik finansiële intelligensie, sal deelnemers in staat stel om hierdie aspek van die bediening beter te verstaan en te integreer in breë bedieningsprosesse.
Inrigting van kursus
Die kursus neem die vorm van ’n werkswinkel aan waar die deelnemers in klein groepe spesifieke take sal uitvoer en doelwitte moet bereik. Dit sou ook as ’n proses of ’n reis, deur die deelnemer se finansiële werklikheid, beskou kan word.
Aspekte wat aandag geniet:

  • Skriftuurlike vertrekpunte
  • Finansiële werklikhede van vandag in oënskou
  • Persoonlike “geld-verhaal”
  • Gesindheid t.o.v. geld
  • Inligting oor die entrepreneuriese wêreld en wetenskap
  • Gemeentelike en persoonlike entrepreneurskap
  • Gemeentelike en persoonlike begroting en finansiële bestuur
  • Oorleef en beheer die skuldspiraal
  • Praktiese finansiële beplanning
  • Ander beroepsmoontlikhede
  • Entrepreneuriese roetekaart

Voorbereiding
Van die deelnemers sal verwag word om:

  • ’n persoonlike en gemeente-begroting vir hulle eie verwysing saam te bring ten einde opdrag vir tweede dag te kan voltooi.
  • ’n persoonlike finansiële verhaal te vertel met inbegrip van ’n finansiële tydlyn. Meer riglyne hieroor ten tye van die werkswinkel.