{ARGIEF}

DIE PATOS VAN PREDIKING

‘n Praktiese kursus oor die prediking

16-18 September 2014

 prediking

Die vraag wat ons in hierdie kursus interesseer, is die vraag na die eie aard van die prediking. Wat gebeur as ʼn mens preek? Ons werk met die Woord van God, maar ons weet dat die proses om hierdie goddelike Woord te ontrafel, in ʼn nuwe vorm te giet en uiteindelik voor te dra ʼn menslike proses is. Dis iets wat tegelyk ʼn kruis, ongelooflike moeite en harde werk is en terselfdertyd iets wat nie die produk is van ons harde werk nie.
ʼn Mens kan ook die vraag vra: hoe praat God deur die stem van die prediker? Of ʼn mens kan dit andersom vra: Hoe kommunikeer die prediker die stem van God?
Die rede hoekom dit belangrik is, is omdat die antwoord op hier “wat” van die prediking die “hoe” daarvan ingrypend beïnvloed. Alles wat ons kan praat oor die konteks waarin ons onsself bevind, alle spreke oor kreatiwiteit in die prediking rus ten diepste in hierdie verstaan van wat gebeur as ʼn mens preek.
Waaroor gaan die kursus?

  • Hoe gaan dit met die prediking in ons gemeentes? En met ons as predikers?
  • Ons kyk na ‘n kort inleiding oor die homiletiese situasie. Wat gaan aan in die wêreld waarin ons moet preek en wie is die mense vir wie ons preek?
  • Wat is die elemente van ‘n preekverhaal? Vertel jou eie preekverhaal  – ontdek sterk punte en leemtes  rondom die “ek” in die prediking
  • Wat is die ideaal? Wat kan prediking doen? Wat kan dit nie doen nie? Wat verstaan ons onder prediking? Teologie van die prediking.
  • Wat leer ons uit die Joodse en vroeg-Christelike tradisie in verband met die prediking? Watter rol het prediking in die Nuwe Testament gespeel?
  • Wat is ‘n geloofwaardige respons? Hoe maak ons skuiwe? Ons kyk na ‘n preekmaakmetode. Aandag aan vormgewing in die preek.
Na die tyd sal jy:

  • ʼn Beter begrip vir die homiletiese situasie hê en wie die mense is vir wie ons preek.
  • Verstaan wat die eie aard van die prediking is en wat gebeur as ʼn mens preek.
  • Beter insig hê in die rol wat die prediking in die vroeë kerk gespeel het.
  • Groter duidelikheid hê oor ʼn preekmaakmetode en aandag vir die vormgewing van die prediking.
Vir meer inligting, kontak Wilma
Kliek hier vir ‘n inskrywingsvorm: VBO 24 Patos van Prediking