{ARGIEF}

 VBO-Program 2017

 

Die VBO-kantoor publiseer met groot opgewondenheid ons VBO-programboekie vir 2017.
Dit is weer eens ʼn spanpoging van Communitas en die verskillende taakspanne van die Sinode, waarmee ons poog om ʼn kursusprogram saam te stel wat die geweldige groot uitdagings van ons snel-veranderende samelewing sal aanspreek, en wat leiding kan gee aan predikante en gemeenteleiers – die mense wat in hierdie tye leiding moet gee in ons gemeentes.
ʼn Groot deel van ons program is ons steeds groeiende lys van keusekursusse wat bedoel is vir ringe en gemeentes – om saam kursusse te kies wat inpas by die uitdagings wat in hul eie unieke opset geïdentifiseer word. Ons fokus is al hoe meer om die kursus na die deelnemer te neem deurdat ons dit op aanvraag in gemeentes of ringe gaan aanbied.
Ons is tans in ʼn ontwerpfase om die VBO vir jongleraars  ‘n program vir kursusbywoning in die eerste drie jaar in ‘n gemeente – te voltooi. Die hoop is om dit teen die middel van die jaar uit te rol.

Daar is weer verskeie kategorieë waaruit jy kan kies:

  1. Geskeduleerde een-, twee- en driedag-kursusse
  2. Kursusse wat as ʼn reeks inklusief werk m.a.w. teologie, vaardighede, houdings, roepingsbewustheid en spiritualiteit bevorder – die Sertifikaat in Bedieningsvernuwing.
  3. Konferensies waarvan sommige saam met ons Ekumeniese vennote gedoen word, o.a. die Winterskool en die JUSTICE Conference South Africa.
  4. Kursusse wat spesifiek gerig is op Reformasie 500 wat vanjaar gevier word.
  5. Keusekursusse vir aanbieding op aanvraag
  6. Kursusse gerig op Lidmaattoerusting (Dissipelvorming), waarmee ons graag ons lidmate ook wil toerus
  7. Kursusse van vennote soos die Sentrum vir Geloofsvorming en HospiVision
  8. Kursusse vir Jongleraars

As taakspan is ons oortuig dat om as predikante leiding te gee in tye met nuwe uitdagings, dit van ons as predikante vra dat ons in ʼn verdiepte verhouding met die lewende Christus sal leef. Daarom is al ons kursusse in ʼn formaat gegiet wat ruimte maak vir verdieping. Die uitdagings van ons tyd vra verdiepte groei en integrasie by ons almal.

Om die VBO-boekie af te laai, kliek hier: VBO-boekie 2017_JanFin