{ARGIEF}

aurora
deur Suzette Jacobs & Jane van Zyl
“Almagtige Vader, Skepper en Bron van alle goedheid, as ek vir U wil dankie sê, soek ek stamelend na woorde. Wie U is en wat U doen en hoe U gee, oortref taal. U oorweldig my; laat my sprakeloos …”(Uit: Gebede wat raak van Annalise Wiid: ‘n CLF-pamflet)
Die Getuienisgroep het gesorg vir pragtig-vrolik versierde tafels en spyseniering by ons afsluitingsvergadering. Kersfees 2013!
Wie sal nou sommer ‘n Poskantoor  en die NG Kerk bymekaar uitbring. Dis presies hierdie storie (geskiedenis) wat Beatrix Kotze vir ons vertel het.
Teen ongeveer 1925 is die behoefte aan ‘n poskantoor vir die klein dorpie in die Sandveld deur die Vrouesendingbond en die CJV raakgesien en  gesamentlik het die gebou teen ‘n koste van £265 (!) tot stand gekom en lewer die NG Kerk en die posagentskap tot vandag toe ‘n noodsaaklike diens aan die hele gemeenskap van Aurora!
Dienslewering op vele gebiede is nog steeds die wagwoord vir die Vrouebediening hier.
So word in tye van werkskaarste gesorg vir kos op die tafels van baie mense.  Vir een maand elke jaar is Aurora-gemeente verantwoordelik vir die ringsbydrae tot Huis van Heerden – ‘n kinderhuis (ons het die hele maand se vleisvoorraad geskenk); waar skoolklere ens kortkom, help die vroue met skenkings aan sendingwerkers in Papua-Nieu-Genuië, Zambië en nog vele meer.
Alles kan die vroue bybring, danksy ywerige vroue (ondersteun deur die manne), basaars, verkopings, skenkings, donasies, ens.
Ons fondse word getrou deur baie jare met sorg hanteer deur ons tesouriere, Beatie Kotze.
Leierouderling Bessie Brand is ook ons verteen-woordiger op die Kerkraad.
Ons sameroepster is Suzette Jacobs – eggenote van ons leraar. Leidsters in wyke gee verder struktuur aan ons bediening. Vroue van die gemeente wend hulle gawes aan in diens van die gemeente, gemeenskap en, bo alles in diens van die Koninkryk!
Daarom die dankgebed in ons harte: Aan God die Eer!