{ARGIEF}

deur Raffealle Basson
Die gemeente GARIES is anders! Dieselfde vroue soos in Egipte, maar met ‘n verskil. In die stede nooi dames mekaar vir die geleentheid, maar hier is die geleentheid sinoniem met worsbroodjies. Ja, klink vreemd het ek ook aanvanklik gedink. Die opnames  van getalle word alreeds twee weke vooraf gemaak en die wors word die oggend vars gebraai. Vroue lewer al van vroeg bestellings af. ‘n Mooi bedrag van R2 300 verhoog die bydrae vanaf die gemeente. Die WBVV  word  altyd om 12h30  gehou en word ook deur die plaaslike hoërskooldogters bygewoon. Die inkleur van die geleentheid was vir my aangenaam, omdat ek ook die “power point”-aanbieding ontvang het. So ‘n paar jaar gelede was ek in Israel en  Egipte – dit was voorwaar ‘n voorreg om die dames te kon saamneem op ‘n toer daardeur. Ons kon leer van papirus en die cardouche en die heilige besie – scarab.
Die tema, Strome in die woestyn, was absoluut van pas, aangesien hierdie streek so ‘n maand gelede ook oorstroom is deur ‘n geweldige reënstorm. Wat  my soveel beïndruk het, is die Samaritaanse vrou wat so hartlik en respekvol deur Jesus by die put ontvang is. Dis juis op dié eenvoudige en gewone plekke waar Jesus die mens altyd inwag. Hy is daar voor ons nog dit besef. Die vloei van water is so ongelooflik en sonder perke. So wil Hy ook vloei in my hart, siel en verstand.
Dankie Egipte.
Dankie Here!