{ARGIEF}

kuilsrivier-okt-1
Kuilsriviertafel-okt14deur Wilna Kruger
Ja, die “ou moeder” waak steeds oor haar kinders – van die jonges by Alta du Toit-skool tot die seniors by Huis De Kuilen;  en sommer nog die klompie tussen-in ook.
By Alta du Toit-skool is baie behoeftes.  Met bydraes uit die gemeente kon ons vanjaar die lakens en handdoeke wat verlede jaar vir die koshuis aangekoop is, aanvul met “fleeze” kombersies en nog handdoeke om die lyfies droog en warm te kry.  Broodnodige toiletware is ook voorsien.
Die Wêreldbiddag vir Vroue is, soos vorige jare, saam met Huis De Kuilen se dames gehou – natuurlik eers na ‘n lekker koppie tee en eetgoedjies. Op 2 Oktober het ons óók ‘n lekker bederfie vir die inwoners van die tehuis en al die seniors van die omgewing gehad toe hulle rondom teetafels kon kom luister hoe Belia Lourens van Tsotsi-faam gewilde liedere van vroeër dae sing.
Kyk, ‘n groot lekkerte in ons gemeente (sommer vir die families en vriende ook) is ons jaarlikse busuitstappie en oee!! … daardie sop-en-broodjie-aand in die winter!  Hier word groot gekuier. Dís nou geleenthede wat jou bly maak dat jy ‘n mens is!
Ons damesoggend neem verskillende vorme aan.  Hierdie jaar het ons ‘n handwerkoggend gehad en glo my, al begin jou oggend met ietwat van ‘n kramp in die kakebeen, jy gaan daar weg met ‘n lied in jou lag!
kuilsrivier-okt-2Die jaar snel vinnig na sy einde toe en ons voel geseënd as ons terugkyk na die projekte wat ons met die steun van ons gemeente aangepak en deurgevoer het. Maar ons het nog lank nie halt geroep nie.  Die matriekdiens en ons jaareindfunksie lê nog voor, maar dít bly vir eers ‘n verrassing.
Ons seënwense aan al die Evas.  Wees die Vrou met Vlerke soos God jou gemaak het!
Groete van vrou tot vrou