{ARGIEF}

Dis die Maandag na Antoinette en Mariëtte se aanbieding van die geloofsreis by ons Sondagaand-diens. Ek is by die 50ste verjaarsdag biduur en partytjie van Sharon. Sy is een van die lede van die lofprysings-groep, waarvan Antoinette die vorige aand gesê het dat hulle maar kan gaan toer.
Toe dit haar beurt is om iets te sê, sê sy: “Ek het gisteraand so bevestig gevoel. Dit was asof Eva se gebed vir my geskryf was!”
Die Sondag hierna was Moedersdag. Mike wat ook by die Sondagaanddiens was, het vooraf vir my gevra of hy Eva se gebed (effens aangepas) vir die moeders tydens die erediens kan lees. Hy ken sulke vroue soos Eva en hy wil haar as rolmodel vir ander voorhou, sodat sy hulle kan inspireer en bemoedig.
kraaifontein 2Eva se gebed het baie harte geraak, maar dit is net die helfte van die storie …
Die rustige manier waarop die geloofsreis aange-bied is, het ons veilig laat voel om met vrymoedigheid deel te neem. Hulle kon hulle in die skoene van Maria  plaas (Luk 1:26-38).
Baie ken vrees, onsekerheid en dink onsself is nie goed genoeg of geskik vir dit wat God van ons verwag nie. Maria se vertroue en oorgawe was inspirerend.  Ons kan ook God vertrou vir dié dinge wat vir ons onmoontlik lyk. En as ons dink aan ons kerk, ons families, ons gemeenskap en ons land dan is daar baie …
Ons is met hoop die aand huistoe!
kraaifontein 1