{ARGIEF}

deur Yvonne Neethling
Sondag, 22 Februarie 2015 was dit weer tyd vir Langebaangemeente se jaarlikse visbraai. Die gemeente kom met hulle piekniekmandjies, gelaai met eetgerei en iets te drinke, om saam te aanbid en te eet. ‘n Paar geoefende manne braai 300 harders vanaf 15:00 en almal wat kan broodbak, kom met ‘n tuisgebakte broodjie, asook die konfytmakers se heerlike tuisgemaakte konfyte. Die aand word afgesluit met heerlike filterkoffie.
Hierdie jaar het die visbraai ook saamgeval met ons getuienismaand en Johan en Enna Dames van Pemba het ook saam met ons vis en brood geniet. Wat ‘n voorreg om hierdie besondere geleentheid te kon hou met die pragtige “voorstoep”-uitsig vanaf ons kerk en saal op die strandmeer.
APRIL interaksie