{ARGIEF}

Ek is ‘n vrou.
Ek is uniek geskep deur God
en ‘n plek in hierdie lewe gegee –
‘n ruimte om te mag wees.
Die hele wêreld het gewag
dat ek gebore moet word.
Vroue met Vlerke logo
 
Ek is ‘n vrou.
God se reis met my,
deur die goeie en die slegte,
het my voorberei om
vry langs ander te mag staan –
sonder skaamte en vals onderdanigheid.
Ek is ‘n vrou.
God gee my mense wat my liefhet,
my ondersteun en my innooi.
Ek ontdek vriende wat betroubaar is,
en daar is vir my –
‘n tweede moederhuis
Ek is ‘n vrou.
God se Gees maak my sterk
en ek tree in in hierdie krag,
ek dra hoop en lewe,
ek kyk die wêreld in die oë
en omarm my volle menswees.
Ek is ‘n vrou.
God berei my voor vir iets groter as myself
en gee my drome van liefde en billikheid.
Ek gee myself hiervoor,
maak my hart en arms oop sodat
God nuwe lewe deur my kan skep.
Ek is ‘n vrou,
uniek geskep deur God.
Amen