{ARGIEF}

Advent

Tussen Swart Vrydag en Advent

Meeste Suid-Afrikaners is waarskynlik bewus van die Amerikaners se Thanksgiving tradisie, maar ek is nie seker hoeveel mense weet dat Thanksgiving Donderdag gevolg word deur Black Friday nie.  Black Friday verteenwoordig die amptelike opening van die seisoen vir Kersfees inkopies en winkels bied spesiale winskopies aan vir die dag.  Gevolglik staan mense tou dwarsdeur die nag en vertrap hulle mekaar om betyds by die winskopies uit te kom wanneer die winkeldeure vroegoggend op Vrydag oopmaak.  Om dit sagkens te stel… dit is ‘n verbruikeristiese kultuur in sy mees vulgere vorm. Die naam, Black Friday, het eintlik in die jare 60’s in Philadelphia ontstaan om die ontwrigting van die besige verkeer op die dag na Thanksgiving te beskryf, maar later het dit die betekenis begin aanneem van besighede wat ‘n wins maak (om “in die swart te wees”).

Dit is ironies dat Swart Vrydag tussen Thanksgiving en die begin van die Adventseisoen val.  Dit is asof dit ‘n bisarre teken is van hoe dankbaarheid gedefinieer word in ‘n verbruikeristiese kultuur… dankbaarheid gedefinieer deur die selfbevrediging van kommoditeite wat onmiddellik beskikbaar moet wees.  Dit is asof Swart Vrydag letterlik in die pad staan van ‘n dankbaarheid wat gedefinieer word deur ‘n seisoen van afwagting op wat die Here gaan doen…  ‘n Treffende beskrywing van die dilemma en uitdaging kom uit die pen van Walter Brueggemann in sy 2007 artikel (in Journal for Preachers) oor Advent: Departure and Homecoming.   Hier is ‘n aanhaling uit die begin paragrawe van die artikel:

read more

Die Luisterende Simfonie van Gestuurde Advent Gemeentes

Advent breek weer ons gejaagde lewens in.  Skielik, onverwags, elke jaar hierdie tyd, uit die toekoms.  Soos die bruidegom in die nag. Dan is dit tyd om die simfonieorkes tot bedaring te bring.  Die gewone uitvoerings van die jaar te stop.  Die musiek te verdoof. 'n...

read more

Ander feeste wat Christene kan vier? Feeste 3

In die eerste van die reeks artikels het ek oor die Joodse feeste geskryf.  Uit die tweede artikel het geblyk dat die enigste fees wat Christene werklik behoort te vier die Opstandingfees is.  Dit is die Sondag.  In hierdie artikel behandel ek die vraag – watter ander feeste kan ʼn Christen met vrymoedigheid vier?

1 Feeste:
Feeste is eie aan die mens.  Van die vroegste tye word feeste gevier.  Primitiewe volkere het gewoonlik feeste gevier met die oorgangstye van die lewe.  Daar is 4 stadiums of hekke waardeur die mens moes gaan nl. geboorte, puberteit, huwelik en dood.  Tydens die vier gebeurtenisse is daar fees gevier.  So was daar ook feeste wat gekoppel was aan die seisoene van die jaar.

In die Ou Testament het die Here ook vir Israel (Lev. 23) sekere feeste laat vier.  Hulle het die feeste gevier om aan God eer te bring, dankbaarheid te betoon en sy troue sorg te vier.  Al kom Paulus en stel die mens vry van enige Joodse feeste, beteken dit nie dat die mense nie enige feeste kan vier nie.  Ons het reeds in die vorige artikel van die Opstandingsfees (Sondag) gepraat as die grootste fees vir Christene.  A C Barnard noem dat selfs Christene uit die Jodedom die behoefte gehad het om Joodse feeste te vier.  Dit is vanselfsprekend dat nie-Joodse -Christene ook ʼn behoefte sou hê om fees te vier.  HDA du Toit is van mening dat vroeë Christene ʼn behoefte aan eie feeste gehad het omdat dit aan hulle “ʼn steunpunt vir godsdienstige en sosiale lewe” gebied het.

read more

Gemeentelike Geloofsvorming: Om te Weet of Om te Leer?

Uit die opvoedkundige wereld het daar so pas ‘n boek verskyn van John Baldacchino oor die opvoedkundige filosofie van Maxine Greene.  Die titel is “Education Beyond Education: Self and the Imaginary in Maxine Greene’s Philosophy” (Peter Lang, 2009).  Vir Greene beteken opvoeding baie meer as blote kennis (om te weet).  Sy skryf iewers, “we are interested in education here, not in schooling”.  Om te leer en om te weet verteenwoordig twee radikaal verskillende benaderings tot opvoedkunde.  Die om-te-leer benadering waag dit na die ondefinieerbare ruimtes wat sekerhede en bekendhede oorskry.  Baldacchino beskryf dit so:  “Whenever the worlds of norm and normality are presented as valid by dint of their ‘familiar nature’, we know that this is a self-imposed assumption.  We impose such worlds on each other because we are always anxious that otherwise we run the risk of having no truth, or beauty or goodness – or so they tell us.  But as Greene states, we should be concerned with wide-awakeness ‘not with the glowing abstractions – the True, the Beautiful, and the Good””.

read more