Elke kind het die reg op die beste moontlike begin in die lewe... Navorsing het bewys dat die vroeë kinderjare die kritiese periode is vir die kognitiewe, sosiale en emosionele ontwikkeling wat dan die grondslag vorm vir die kind in sy jeug en latere volwasse lewe. Om...
Entrepreneurskap – en die Kerk?
Missionaliteit as Entrepreneurskap vir die kerk in konteks: Praktiese uitleef van geloof Waar: Communitas, Stellenbosch Wanneer: 5-7 Februarie 2019 Aanbieder: Nico de Klerk Die tafel is gedek! Ons leef in ‘n tyd van groot uitdagings en geleenthede wat opwindend is vir...
Winterskool – die laaste dag
Gedurende die oggend van dag 3 van die Winterskool het die fokus geval op die kwessie van 'verander die Wêreld'. Kan die kerk 'n rol hierin speel? En hoe kan ons dan hierdie rol defineer? Dr Coenie Burger was die hoofspreker van hierdie oggend. Hy het verduidelik dat...
Winterskool Dag 2
Wat is ons verantwoordelikheid as kerk en as landsburgers? Dit was die onderwerp van Prof Amanda Gouws se rede by die tweede dag van die 2015 Winterskool. kan ons staatmaak op die staat en politici om hierdie land te regeer? Waar pas my en jou verantwoordelikheid in?...
Teologiese Dag 2015
DIE UITDAGINGS VAN ARMOEDE, WERKLOOSHEID EN ONGELYKHEID Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch (US) se jaarlikse Teologiese dag, wat die amptelike opening van die akademiese jaar inlui, vind plaas op Maandag 2 Februarie 2015 van 09:00 – 13:00 in die Attie van...
Armoede: Wat doen JY?
Ons almal weet dat grootskaalse armoede, menslik gesproke, waarskynlik die mees plofbare probleem in Suid-Afrika is.Terwyl dit so is dat baie kerke iets hieraan probeer doen, is die vraag of ons nie veel meer kan doen nie. Ons is van mening dat hierdie ook `n saak is...
Gemeentes te midde van Armoede en Materialisme
Die gesprek was diep, fasinerend, en uiteindelik ‘n teologiese besinning oor wat dit vir Christene beteken om vanuit bevoorregte omstandighede en te midde van ‘n materialistiese kultuur in verhouding te leef met diegene wat minder bevoorreg is en in armoede leef. Die worsteling in ons gesprek word goed opgesom in ‘n preek wat my vriend se vriendin (haar naam is Tamie) gelewer het kort nadat sy teruggekom het uit Suid-Afrika. Ek deel dit graag hier (al beteken dit ‘n langer blog bydrae as gewoonlik), want dit help my om weer te dink oor wat ons in gemeentes doen in die verband. Ek is veral getref deur die impak wat die mense van Khayelitsha en Langa op hierdie Amerikaanse vrou gemaak het met hulle gasvryheid, en veral die oenskynlike geluk wat hulle vind in ‘n eenvoudige lewenstyl. Ek het maar net weer besef dat om veel meer gaan as om bloot aan arm mense te dink as die objekte van ons welsynsprojekte, en hoe ons dikwels ons hulp aan ander as ‘n verskoning gebruik om nie verhoudings te bou waarin ons ook ‘n kans het om te verander nie. Kan ons dalk stories deel van gewoontes en praktyke wat gemeentes in die verband kweek?
Hier is Tamie se preek: