deur Amanda Kruger-van Deventer Saam met buurvrou lê ek op my maag op haar bloublommetjie-sitkamermat. Ons het kleine Emily op haar magie gedraai. Haar beentjies trek sy op in die kruipposisie maar haar armpies is nog net te swak om haar op te lig. Skielik lig sy haar...
Tussen Swart Vrydag en Advent
Dit is ironies dat Swart Vrydag tussen Thanksgiving en die begin van die Adventseisoen val. Dit is asof dit ‘n bisarre teken is van hoe dankbaarheid gedefinieer word in ‘n verbruikeristiese kultuur… dankbaarheid gedefinieer deur die selfbevrediging van kommoditeite wat onmiddellik beskikbaar moet wees. Dit is asof Swart Vrydag letterlik in die pad staan van ‘n dankbaarheid wat gedefinieer word deur ‘n seisoen van afwagting op wat die Here gaan doen… ‘n Treffende beskrywing van die dilemma en uitdaging kom uit die pen van Walter Brueggemann in sy 2007 artikel (in Journal for Preachers) oor Advent: Departure and Homecoming. Hier is ‘n aanhaling uit die begin paragrawe van die artikel:
Dankbaarheid en Verwagting
Dit is vandag "Thanksgiving Day" in Amerika. Afgesien daarvan dat ek nou nie vreeslik mal is oor kalkoen nie, is dit nogeens 'n gesekulariseerde kommersialisering van 'n gebruik wat tradisioneel eeue gelede ontstaan het as 'n godsdienstige geleentheid van...