Ek het sedert my aankoms vier maande terug hier in die gemeente gereeld terug gedink aan ‘n moedswillige episode so twee jaar gelede toe ek gevra was om ‘n kursus in “Congregational Revitalization” aan te bied vir senior studente by Luther Seminary in St. Paul, Minnesota van wie omtrent almal die volgende jaar beroep sou word na hulle eerste gemeentes.  Een van die opdragte tydens die kursus was dat hulle in klein groepies uitgestuur was na Lutheraanse gemeentes in die omgewing om navorsing te gaan doen oor die huidige stand van die betrokke gemeente, en vir elke groepie om dan terug te kom met ‘n aanbieding oor wat hulle sou doen indien hierdie betrokke gemeente hulle die volgende jaar sou beroep met die opdrag om die gemeente te “revitalize”.

Die aanbiedings was professioneel en vindingryk, maar gegewe ‘n sterk pragmatiese kultuur, het teologiese refleksie en ‘n fokus op verhoudinge tussen mense in meeste gevalle vinnig verdwyn agter indrukwekkende lyste “strategies, events, programs, and projects”.  Nadat ek toe vir die soveelste keer na ‘n powerpoint aanbieding van instrumentele rasionaliteit (hierna wil ek graag later terugkeer in ‘n blog bydrae) moes kyk en luister, kon ek my moedswilligheid nie verder inhou nie.  Ek vra toe ‘n vraag terwyl die laaste powerpoint skyfie nog op die skerm verskyn van ‘n pragtige foto van die betrokke groep se gemeente wat hulle besoek het met ‘n lieflike grasperk rondom ‘n groot, groen boom op die voorgrond.

read more