8 Augustus: Tiende Sondag in Koninkrykstyd ~ Jesaja 1:1,10-20

Christene gebruik die woord genade so baie (geïmpliseer in 1:18). Wanneer ons bid sluit ons gewoonlik af met: “Ons vra dit nie uit verdienste nie, maar slegs uit genade”. As ons amper in ‘n ongeluk was, maar niks oorgekom het nie, sê ons feitlik sonder uitsondering: “Sjoe, dit was net genade”. As ons een of ander vorm van geluk ervaar, sê ons: “Genadiglik het dit vir ons goed uitgewerk!”. Ons preek: “Alles wat ons ís en het, is net genade!” en ons word groot met: “Ons word uit genade alleen gered.”

Op só baie maniere gebruik ons die woord genade. Selfs die kleinste kinders ken die woord. Ons vertel hulle van jongs af dat die God van die Bybel is ‘n God van genade. Maar weet ons nog wat hierdie woord regtig beteken?

Ferdinand Deist skryf iewers: “Die woord genade het verslyt geraak.” Kan dit wees? 

read more