Kursus deur wêreldbekende homileet, die Rev. Dr. Tom Long Ons is baie bevoorreg om in Maartmaand vir Prof Thomas Long is Suid-Afrika te hê vir `n paar predikantskursusse. Prof Long is een van die bekendste en mees gerespekteerde homilete in die wêreld en sy boeke oor...
Dag van Verootmoediging
Verskeie kerkgenootskappe doen 'n beroep op alle landsburgers om Woensdag 14 Februarie 2018 'n dag van verootmoediging te maak. Hierdie oproep geniet reeds die steun van die moderature van die NG Kerk in Wes-Kaapland, die VGK Kaapland, die NG Kerk in Oos-Kaapland, die...
Is ons gebede vir God belangrik?
Openbaring 8 het my weer herinner hoe kosbaar ons gebede in God se oë is. In die teks word vertel dat daar met die eindoordeel ʼn halfuur stilte in die hemel sal wees. Tradisioneel word daar twee verklarings vir die gedeelte gegee. Albei het met gebed te make en sluit baie nou bymekaar aan.
Gebed is om God, weer God te maak in jou lewe!
Ek het die verwoording van bogenoemde saak ook by Phlip Yancey raakgelees. In sy uitstekende boek “Prayer: Does it make a difference” vertel hy hoe Ps. 46:11 ( “ Bedaar en erken dat Ek God is “) op twee maniere hierdie waarheid van gebed onder ons aandag bring.
Die Here hoor nie my gebed nie!
Soms, sal mense vir my vra
“Dit voel vir my of die Here my nie hoor nie Dit voel of ek teen die dak vas bid! Soms voel dit vir ons of die Here ons nie hoor as ons bid nie. Ons bid en ons vra die Here om te help, maar dit voel net vir ons asof niks gebeur nie. Dan word ons moedeloos.
Miskien is die antwoord daarin geleë – nie omdat die Here ons nie hoor nie, maar dalk omdat ons nie vir die Here hoor nie. Gebed is nie maar net ʼn eenrigting kommunikasie middel waar ons versoeke kan insit en wag dat ons dit ontvang nie. Gebed is ʼn kommunikasiemedium tussen ons en God. Vir gebed om effektief te wees, moet daar ʼn opregte verhouding tussen ons en God wees.
Die angs van die ewige prediker in ons
Ek het die afgelope week Week van Gebed gehou in die Baai. Ek was van die begin af vasberade om nie te preek oor gebed nie, maar om in die week vir 'n slag saam met mense te bid. “ Ons kan maar 20-30 wees” , stel ek die leraar (en myself) gerus, ek gee nie om nie, “...
Bid iemand ooit vir my?
Soms as ek sukkel om te bid, wonder ek of daar dalk iemand anders is wat ook vandag vir my bid. Ons verseker so maklik vir ander dat ons vir mekaar bid. Dan wonder ek of almal wat so in die verbygaan vir my 'n belofte om gebed gee, dit regtig doen. Het dit nie maar ʼn...
Wat is die doel van geestelike dissiplines?
Ons almal ervaar een of ander tyd geestelike droogte in ons lewens, ja selfs dominees! Hiervoor kan daar baie redes aangevoer word. Maar die een saak waaroor ons saamstem is – ons hou nie daarvan nie. Ons eie oplossing is dikwels om baie goeie voornemens te maak. Ons...
Hoe berei ek vir my gebed voor?
Ek het die afgelope paar dae op my knieë op die vloere van my huis rondgekruip om sement af te skuur(toemaar ek is met verlof...). Ek is besig met voorbereiding van die vloere om dit te seel met ʼn sementseellaer. Dit is regtig ʼn groot werk. In die aande is my rug af,...
Wat vertel jou gebedstaal oor jou verhouding met God?
In ʼn onlangse artikel van Stefan Joubert praat hy oor die geloofstaal wat ons in die kerk gebruik. Hy maak die geldige punt: – dat die tipe geloofstaal wat jy as kerkleier gebruik, iets van jou beskouing van kerk en koninkryk kommunikeer. As jou taalgebruik vol...