Posts Tagged ‘Geloof’
Groot Konferensie, Groot Sukses!
WorshipConference2015 |
![]() |
Hierdie is waarskynlik die omvangrykste konferensie nóg in Suid Afrika oor die erediens en liturgie – ons dink nie daar was al `n liturgiekonferensie van hierdie omvang in ons land gehou nie. 48 temas is deur 34 sprekers en predikers aangebied – sprekers vanoor die hele land, asook 4 van die Calvin Institute van Amerika.
Ons weet dat gereformeerdes deur die tyd nie baie aandag aan erediens en liturgie gegee het nie. Hierdie instituut is besig om ons te help om in te haal op die agterstand.
Ongeveer 200 mense het ingeskryf vir hierdie konferensie met sy unieke en baie interessante reeks temas, wat ingesluit het:
Die betekenis en doel van Aanbidding/ Wat maak `n erediens goed?/ Om die liturgie van swart kerke beter te verstaan/ Om God te verheerlik in die erediens…/ Kreatiwiteit in ons aanbidding / Hoe word mense verander deur die erediens?/ Die rol van tegnologie in die erediens / Die plek van musiek in die erediens/ Wat maak dat mense na `n preek luister/ Plek vir die sakramente / Erediens en Pastorale Sorg / Kinders in die erediens… en nog veel meer!
Die fasiliteite van Helderberg Gemeente in Somerset-Wes leen hom uitstekend vir ‘n konferensie van hierdie omvang, en benewens die hooftemas kon ‘n groot verskeidenheid van wegbreeksesssies bygewoon word.
Gedurende teetye en etenstye (wat aangebied is deur ‘n baie bekwame spysenieringspan) het konferensiegangers wat bestaan het uit ‘n groot verskeidenheid van kultuurgroepe en denominasies, lekker saamgekuier en mekaar leer ken.
In Frederick Marais se woorde: “Ons is baie trots om deel van so ‘n uitstekende konferensie te kan wees. Die samestelling van die gehoor is so hoopvol in tye wat ons land se mense sukkel om mekaar te hoor en te waardeer!”
Op die foto wat geneem is van die Beplanningskomitee saam met die 4 Amerikaners, is van links na regs:
Keith Griffiths, Debbie van de Laar, David Rylaarsdam (VSA), Duane Keldermann (VSA), Ankia du Plooÿ, Coenie Burger, Kathy Smith (VSA), Bruce Theron, John van de Laar, James Nicolson en Neal Plantinga (VSA).
Die volgende foto het verskyn op Helderberg Gemeente se webblad met die titel: Oor grense heen – wat ‘n pragtige illustrasie is van die gesindhede en uitreik na mekaar tydens die konferensie.
(Beide foto’s geplaas met erkenning aan Jan Branders, kommunikasiebeampte by Helderberg Gemeente.)
Huldiging John de Gruchy
Teologie op die snypunt:
|
![]() |
‘n Konferensie, “Teologie op die snykant”, ter ere van die bekende Suid-Afrikaanse teoloog John de Gruchy, sal van 3 tot 5 September 2014 aangebied word deur die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch.
John de Gruchy is Emeritus Professor van Christelike Studies aan die Universiteit van Kaapstad en Buitengewone Professor by die Fakulteit Teologie van die US. Hy is die outeur van 14 boeke en redakteur van baie meer. Hy het reeds vele toekennings vir sy werk ontvang.
‘n Wonderlike reis
Geloofsreis 1.1: Emosioneel Gesonde Spiritualiteit
![]()
|
Wat ‘n voorreg was dit nie om saam met 15 predikante en 3 lidmate vir 3.5 dae net by die Here tot rus te kom op Wortelgat op die eerste stasie van die Geloofsreis 2014.
Ons kon eerlik raak oor ons eie emosionele ongesondheid… Ons kon by mekaar leer terwyl ons bewus geraak het van Sy teenwoordigheid. Sien uit om die pad saam te stap. Sien jul by volgende stasie 15-18 September! Gys, Albertus, Andri |
Geloofsreise Herskeduleer
VBO 6b Geloofsreis 1.2 Die innerlike reisVBO 6a Geloofsreis 1.1 Emosioneel gesonde spiritualiteit
Geloofsreis vir Predikante |
![]() |
Geloofsvorming is ʼn lewenslange reis saam met Jesus. Dit impliseer ʼn proses van radikale innerlike transformasie wat uitloop op diens aan die naaste en die skepping.
Die Geloofsvormingsreis of beter bekend: Geloofsreis vir predikante word reeds ʼn aantal jare as ʼn VBO kursus deur Communitas in samewerking met die Sentrum vir Geloofsvorming aangebied. Dit was oorspronklik geskeduleer om te bestaan uit 3 retraits in die eerste jaar van die reis.
Die doel van hierdie Geloofsreis
Dis om deelnemers te help om
- Eerstehands met Jesus te leer lewe (Dissipelskap)
- Hulself te leer ken (want Almost all problems in the spiritual life stem from a lack of self-knowledge -St Teresa of Avila)
- Innerlik verander te word (Geloofsvoming)
- meer vry en heel, meer mens en meer diensbaar te word
Die datums lyk nou soos volg :
Retraite 1: Emosioneel gesonde spiritualiteit
19–22 Mei 2014
Een die grootste struikelblokke vir ons lewe saam met God is ons gebrek aan selfkennis. In hierdie retraite ontdek ons ons emosionele ongesondheid aan die hand van die werk van Scazzero.
Boeke aanbeveel: Pete Scazzero: Emotional healthy spirituality en Emotional healthy church (Die laaste een opsioneel)
Werkboek: R50
Begeleier: Gys van Schoor saam met Albertus Louw en Andri Eloff
Plek: Wortelgat
Kliek hier vir ‘n Inskrywingsvorm: VBO 6a Geloofsreis 1.1 Emosioneel gesonde spiritualiteit
Retraite 2: Die innerlike reis: vals self vs ware self
15–18 Sep 2014
Groter emosionele heelheid van ons verwonding is van kardinale belang vir geloofsvorming.
Boeke: Basil Pennington: False Self vs True Self; Brennan Manning: Abba’s Child
Werkboek: R100
Begeleiers: Gys van Schoor en Pierre Goosen
Plek: Hermanus
Kliek hier vir ‘n Inskrywingsvorm: VBO 6b Geloofsreis 1.2 Die innerlike reis
Die aanvanklike curriculum was ‘n reis van 3 jaar waar predikante op 4-dag retraits gaan, om in ʼn rustige omgewing begelei te word tot groei en verandering. Nou kan jy egter voortgaan met die reis ná voltooiing van die eerste 3 jaar, want daar is vanjaar nog 2 retraits bygevoeg.
Christelike Geloof en Wetenskap: Die hele prentjie
|
Geloof en Wetenskap |
|
Somtyds bestaan die idee by sommige dat “geloof” met die hart te make het, terwyl “wetenskap” met die kop te doene het. Dán werk dit só:
- Geloof veronderstel glo; wetenskap veronderstel dink.
- Geloof is om vas te hou aan dinge wat ons nie kan bewys nie; wetenskap is volledig daarop uit om dinge te bewys.
- Geloof het te make met dinge wat ons dikwels nie kan waarneem nie; wetenskap wil deur middel van noukeurige en meetbare waarneming kennis bekom en teorieë formuleer.
- Geloof het te make met oortuigings; wetenskap probeer feite vasstel, ens.
Geen wonder dat mense oor geloof en wetenskap in mekaar se hare is nie – of dat ons in onsself verward is nie, want ons is gelowiges wat in ‘n hoogs gespesialiseerde wetenskaplike wêreld lewe! En wat moet ons lidmate hiermee maak?
STLAS en VBO span saam om hierdie kursus aan te bied, wat ten diepste gaan oor die hermeneutiek: die vertolking van die Bybel in ons tyd; die verrekening van kontekste in ons verstaan van ons geloof vandag. Ons gebruik die brosjure oor Geloof en Wetenskap wat verlede jaar (2013) by die Algemene Sinode as gespreksdokument aanvaar is vir hierdie doel.
Is Christelike Geloof in Konflik met die Wetenskap?
Christelike Geloof en Wetenskap
15 – 17 Oktober (Stellenbosch)
Aanbieder: Prof Dirkie Smit
Die dramatiese vooruitgang in wetenskaplike ontwikkelinge en toepassinge oor die afgelope eeue – ‘n mens kan selfs praat van onlangse dekades – laat niemand onaangeraak nie. Dié ontwikkelinge vind plaas reg oor die wye terrein van álle wetenskaplike dissiplines, van natuurwetenskappe tot by sosiale, ekonomiese en geesteswetenskappe.
Nie alleen die vakinhoude – die ontdekkings en insigte – van die wetenskap nie, maar ook die wêreldbeeld wat daarmee onherroeplik verander en die alledaagse belewenis van mens-wees wat daardeur onherroeplik gestempel word, maak ons almal tot die mense wat ons vandag ís. Dié wetenskaplike tydsgees verander nie net wát ons dink nie, maar ook hóé ons dink, word soms gesê.