{ARGIEF}

Gemeentes

Geboorte van ‘n nuwe Taakspan

Dissipelvorming Tydens die Sinode van Wes-en Suidkaap se sitting vroeër vanjaar, het daar onder die vleuels van die Diensgroep vir Toerusting 'n nuwe Taakspan tot stand gekom: Die Taakspan vir Dissipelvorming (vroeër Lidmaatbemagtiging).  Hierdie taakspan fokus op...

read more

Changing the World?

Die sprekers van dag 1 by die Winterskool van 2-4 Junie 2015 op Stellenbosch Prof Barney Pityana het tydens die hoofrede van die oggend gepraat oor hoe om beide 'n getroue volgeling van Jesus én 'n verantwoordelike burger te wees. Ons word binne ons demokrasië geroep...

read more

VBO Nuut en Geïntegreerd

Nuwe en Geïntegreerde Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing ʼn Gesamentlike projek van die drie VBO-sentra                                                       Ons begin in 2015 met ʼn nuwe, tweede groep wat die gevorderde Sertifikaatkursus in...

read more

Kruisvaarders van Gordonsbaai

Pinkster Gordonsbaai was vanjaar ‘n absolute belewenis van beeld, klank en sielskos. Jannie le Roux sê: “Ek het vir die Here gevra ‘Wat gaan ons vanjaar met Pinkster doen?’ en toe gee Hy vir my ‘n prentjie.” Hierdie prentjie het gestalte gekry onder die hande van die...

read more

Hoop wat ons taai maak om aan te hou

Ingrid Penzhorn (‘n jong dokter) skryf vandag (09/08/2012) in Die Burger in reaksie op prof Jonathan Jansen se rubriek: ”Jonge dokter onthou wie jy is” (DB van 7 Augustus 2012): ” Jammer prof Jansen ek gooi tou op”.  Dinge het eenvoudig vir haar te veel geword om aan te gaan.  Sy het hoop verloor. Ek lees haar artikel en kan een honderd persent verstaan waarom sy moedeloos is.  Sy het haar bedankingsbrief by die kliniek se bestuurder ingedien. ‘n Week of so gelede bel ‘n onderwyseres my, met dieselfde moedelose emosie in haar stem. ‘n Dag later drink ek koffie met ‘n entrepeneur vriend wat moedeloos is met personeel wat steel. Hy is moedeloos besteel. Ons kan nie langer hierdie stemme van moedeloosheid ignoreer nie.

Die onderwyseres is een van die mees begaafde wiskunde onderwysers wat ek ken. Sy gee skool op die platteland. As jy naweke op hulle plaas kom, sit die huis vol kinders wat besig is met ekstra klasse, besig om vraestelle uit te werk. Sy ry dorp toe om hulle te gaan haal, bring hulle plaas toe, gee vir hulle ekstra klas, en kos, en aanmoediging, en laatmiddag neem sy hulle weer huis toe. Sy ís toegewyd. Dit is mense soos sy wat hierdie land om die draai kan vat. Haar kinders kom uit benadeelde omstandighede, maar baie van hulle kan gaan studeer in die wetenskappe omdat hulle wiskunde op standaard is danksy haar. Oppad terug vertel hulle my van hulle drome om verpleegkunde en ingeneurswese te gaan studeer.

“My span kan nie meer nie” , sê sy oor die foon. “Die department is net ingestel op beter uitslae om hulle goed te laat lyk. Die skole pas maar die punte aan om die departement tevrede te stel, maar die waarheid is dat ons met ‘n krisis op hande sit. Die kinders wat ons in die hoërskool kry, het geen basis waarop ons kan werk nie. Dit word elke jaar slegter, maar die department doen niks daaraan nie.  Hulle wil net beter resultate sien. Ons span het besluit ons gaan nie ons punte aanpas nie. Ons gee die punte deur soos wat dit regtig is. Die druk op ons is nou geweldig.  My span is besig om te vou”, sluit sy af.

read more

Wat is jou plan vir ons, dominee?

Ek het sedert my aankoms vier maande terug hier in die gemeente gereeld terug gedink aan ‘n moedswillige episode so twee jaar gelede toe ek gevra was om ‘n kursus in “Congregational Revitalization” aan te bied vir senior studente by Luther Seminary in St. Paul, Minnesota van wie omtrent almal die volgende jaar beroep sou word na hulle eerste gemeentes.  Een van die opdragte tydens die kursus was dat hulle in klein groepies uitgestuur was na Lutheraanse gemeentes in die omgewing om navorsing te gaan doen oor die huidige stand van die betrokke gemeente, en vir elke groepie om dan terug te kom met ‘n aanbieding oor wat hulle sou doen indien hierdie betrokke gemeente hulle die volgende jaar sou beroep met die opdrag om die gemeente te “revitalize”.

Die aanbiedings was professioneel en vindingryk, maar gegewe ‘n sterk pragmatiese kultuur, het teologiese refleksie en ‘n fokus op verhoudinge tussen mense in meeste gevalle vinnig verdwyn agter indrukwekkende lyste “strategies, events, programs, and projects”.  Nadat ek toe vir die soveelste keer na ‘n powerpoint aanbieding van instrumentele rasionaliteit (hierna wil ek graag later terugkeer in ‘n blog bydrae) moes kyk en luister, kon ek my moedswilligheid nie verder inhou nie.  Ek vra toe ‘n vraag terwyl die laaste powerpoint skyfie nog op die skerm verskyn van ‘n pragtige foto van die betrokke groep se gemeente wat hulle besoek het met ‘n lieflike grasperk rondom ‘n groot, groen boom op die voorgrond.

read more

Tussen Akademie en Gemeente

Dit het my 'n lang tyd gevat om weer aan die skryf te kom na die gejaag om my doktorale skripsie betyds klaar te kry vroeer vanjaar.  Die post-skripsie sindroom het beslis sy tol geeis.  Hoe meer 'n mens mos lees en skryf, hoe meer kom jy agter jy het...

read more