{ARGIEF}

genade

Hoe om weer heel te word

Egskeidingsherstel Fasiliteerdersopleiding Die uitdaging om mense wat deur die krisis van ‘n egskeiding werk, by te staan, is ‘n missionale geleentheid om genade en vergifnis prakties te maak. Dis ‘n pastorale bediening wat met baie geduld en begrip deel raak van...

read more

Verder Geluister: Jesaja 1:1,10-20

8 Augustus: Tiende Sondag in Koninkrykstyd ~ Jesaja 1:1,10-20

Christene gebruik die woord genade so baie (geïmpliseer in 1:18). Wanneer ons bid sluit ons gewoonlik af met: “Ons vra dit nie uit verdienste nie, maar slegs uit genade”. As ons amper in ‘n ongeluk was, maar niks oorgekom het nie, sê ons feitlik sonder uitsondering: “Sjoe, dit was net genade”. As ons een of ander vorm van geluk ervaar, sê ons: “Genadiglik het dit vir ons goed uitgewerk!”. Ons preek: “Alles wat ons ís en het, is net genade!” en ons word groot met: “Ons word uit genade alleen gered.”

Op só baie maniere gebruik ons die woord genade. Selfs die kleinste kinders ken die woord. Ons vertel hulle van jongs af dat die God van die Bybel is ‘n God van genade. Maar weet ons nog wat hierdie woord regtig beteken?

Ferdinand Deist skryf iewers: “Die woord genade het verslyt geraak.” Kan dit wees? 

read more

Verder Geluister: Genesis 18:20-33

25 Julie 2010 ~ Agste Sondag in Koninkrykstyd: Genesis 18:20-33
God en Abraham praat met mekaar oor genade, hoop en verandering

Genesis 18:20-33 is ‘n gesprek tussen God en Abraham.  Dis soort van die notule van hierdie gesprek.  Dis ‘n volwasse gesprek.  Dis ‘n belangrike gesprek.  Dis ‘n hoëvlak-gesprek.  Amper soos ‘n G-2 Beraad.  Die toekoms van die wêreld word bespreek, oftewel, die vernietiging aldan nie van Sodom is op die tafel.

Maar hierdie G2-beraad is baie anders as vandag se G20-beraad.  Want die gesprek gaan nie oor mag, oor power, nie.  Dit gaan genade, oor hoop en oor elke mens se kans om dinge te verander.  So, kom ons maak of ons nou ‘n joernalis is wat ná die gesprek tussen God en Abraham, ‘n onderhoud met Abraham voer en aan hom die volgende drie vrae stel.

read more

God verras ons met sy liefde!

Dit gebeur soms dat ʼn mens na jou omstandighede kyk en dan net die slegte raaksien, want dis al waartoe jou geestesingesteldheid jou in staat stel. Die week vra ʼn vrou my waarom dit dan lyk asof God net die hardheid van die lewe vir haar wys? Dis sleg as mense net die...

read more

Veelkleurige genade van God

Verkiesingstyd is 'n tyd waar selfs gelowiges diepgaande met mekaar verskil. Dan word mens bewus van ons verskeidenheid. Ook as jy luister hoe mense op kerklike en sinodale gebied soms van mekaar verskil, moet 'n mens waardering kry vir die geweldige verskeidenheid...

read more

Hoop en Genade vir Kersfees!

Terwyl ek sit en die laaste blogartikel vir die jaar skryf voor ek ’n bietjie gaan uitspan, luister ek na die musiek van ” Les Misérables” . As jy dit nog nie beleef het nie, moet jy sorg dat jy die opvoering sien as dit weer Suid-Afrika toe kom. Dit gaan oor Hoop en...

read more