In die besige, gejaagde en doelgerigte lewe kan ons so vasgevang raak in ons eie beplanning en selfs besige geestelike lewe, dat ons later nie meer God se stem hoor nie, maar net ons eie doelwitgedrewe stem. Hierdie lewenstyl kan so ‘n invloed op ons gebedslewe hê, dat ons net ingestel is om vir ons eie doelwitte te bid, in plaas daarvan om God se wil te soek.  Soms moet ons net leer om af te skakel en God se stem probeer hoor.

Ek het die verwoording van bogenoemde saak ook by Phlip Yancey raakgelees.  In sy uitstekende boek “Prayer: Does it make a difference” vertel hy hoe Ps. 46:11 ( “ Bedaar en erken dat Ek God is “) op twee maniere hierdie waarheid van gebed onder ons aandag bring.

read more