Soms, sal mense vir my vra

“Dit voel vir my of die Here my nie hoor nie Dit voel of ek teen die dak vas bid! Soms voel dit vir ons of die Here ons nie hoor as ons bid nie. Ons bid en ons vra die Here om te help, maar dit voel net vir ons asof niks gebeur nie. Dan word ons moedeloos.

Miskien is die antwoord daarin geleë – nie omdat die Here ons nie hoor nie, maar dalk omdat ons nie vir die Here hoor nie. Gebed is nie maar net ʼn eenrigting kommunikasie middel waar ons versoeke kan insit en wag dat ons dit ontvang nie. Gebed is ʼn kommunikasiemedium tussen ons en God. Vir gebed om effektief te wees, moet daar ʼn opregte verhouding tussen ons en God wees.

read more