{ARGIEF}

hoop

Kontekstuele Sertifikaatkursus

ʼn Eties Relasionele benadering  (kontekstueel)  as gerigtheid in huweliks-, gesins- en verhoudingpastoraat Die mens voor jou... terminaal; sterwend;  dwelmafhanklik; ontrou; vrolik; bedrywig... het ʼn konteks. Hy/sy is die kind van ʼn ma en ʼn pa en hulle van ʼn ma en ʼn...

read more

Winterskool 2016 laat ons dink …

   Tuiste of nie?   Die afgelope Wintereskool by die Fakulteit Teologie op Stellenbosch is bygewoon deur ongeveer 225 persone uit meer as 20 verskillende denominasies en geloofstradisies. Daar is gepraat, geluister, geleer en gekuier rondom die tema van 'n Tuiste vir...

read more

Tuiste vir Almal?

WINTERSKOOL 2016 Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch, in samewerking met Communitas, Ekklesia  en die Beyers Naudé-Sentrum vir Publieke Teologie bied jaarliks ​​‘n Winterskool aan vir predikante en pastors van verskeie denominasies, studente en...

read more

Terugblik op WINTERSKOOL 2014

Christus ís die Hoop vir Afrika Ons kan terugkyk op die afgelope week se Winterskool wat by die Fakulteit plaasgevind het in samewerking met Communitas, Ekklesia en die Beyers Naudé Sentrum, en saamstem: dit was 'n wonderlike paar dae. Die hoofsprekers vanjaar was Dr...

read more

MEER GELUKKIG?

Hoe gelukkig is jy? Tevrede? Vervuld? Vol vreugde? Veerkragtig? Positief? Opgewonde? Hoopvol?   Ons besef almal vreugde en geluk is meer as net ‘n gevoel. Toe die bekende Harvard Universiteit die kursus oor “Happiness” aanbied, het hulle die meeste inskrywings ooit...

read more

WINTERSKOOL 2014

 CHRISTUS DIE HOOP VIR AFRIKA – DIE VOLGENDE 20 JAAR – Predikante, studente en akademiese personeel van verskeie kerklike tradisies asook die breë publiek, word uitgenooi na ʼn Winterskool met die tema Christus die hoop vir Afrika – die volgende 20 jaar. Wanneer: van...

read more

Hoop wat ons taai maak om aan te hou

Ingrid Penzhorn (‘n jong dokter) skryf vandag (09/08/2012) in Die Burger in reaksie op prof Jonathan Jansen se rubriek: ”Jonge dokter onthou wie jy is” (DB van 7 Augustus 2012): ” Jammer prof Jansen ek gooi tou op”.  Dinge het eenvoudig vir haar te veel geword om aan te gaan.  Sy het hoop verloor. Ek lees haar artikel en kan een honderd persent verstaan waarom sy moedeloos is.  Sy het haar bedankingsbrief by die kliniek se bestuurder ingedien. ‘n Week of so gelede bel ‘n onderwyseres my, met dieselfde moedelose emosie in haar stem. ‘n Dag later drink ek koffie met ‘n entrepeneur vriend wat moedeloos is met personeel wat steel. Hy is moedeloos besteel. Ons kan nie langer hierdie stemme van moedeloosheid ignoreer nie.

Die onderwyseres is een van die mees begaafde wiskunde onderwysers wat ek ken. Sy gee skool op die platteland. As jy naweke op hulle plaas kom, sit die huis vol kinders wat besig is met ekstra klasse, besig om vraestelle uit te werk. Sy ry dorp toe om hulle te gaan haal, bring hulle plaas toe, gee vir hulle ekstra klas, en kos, en aanmoediging, en laatmiddag neem sy hulle weer huis toe. Sy ís toegewyd. Dit is mense soos sy wat hierdie land om die draai kan vat. Haar kinders kom uit benadeelde omstandighede, maar baie van hulle kan gaan studeer in die wetenskappe omdat hulle wiskunde op standaard is danksy haar. Oppad terug vertel hulle my van hulle drome om verpleegkunde en ingeneurswese te gaan studeer.

“My span kan nie meer nie” , sê sy oor die foon. “Die department is net ingestel op beter uitslae om hulle goed te laat lyk. Die skole pas maar die punte aan om die departement tevrede te stel, maar die waarheid is dat ons met ‘n krisis op hande sit. Die kinders wat ons in die hoërskool kry, het geen basis waarop ons kan werk nie. Dit word elke jaar slegter, maar die department doen niks daaraan nie.  Hulle wil net beter resultate sien. Ons span het besluit ons gaan nie ons punte aanpas nie. Ons gee die punte deur soos wat dit regtig is. Die druk op ons is nou geweldig.  My span is besig om te vou”, sluit sy af.

read more

Florerende Gemeentes

Dis weer die tyd van die jaar om mekaar seen en voorspoed toe te wens.  Ek wonder dikwels wat seen en voorspoed ten diepste vir mense beteken?  Hoe lyk die lewe wanneer mense dink hulle floreer?  Ek wonder dit veral ook oor gemeentes wanneer ek dikwels hoor hoe gemeenteleiers en gemeentelede praat as hulle terug kyk op die afgelope jaar en hulle wense uitspreek vir die komende jaar.  Wat is die kriteria vir florerende gemeentes?  Was dit ‘n goeie jaar omdat ons erediensgetalle gegroei het?  Is ons tevrede met 2009 omdat mense se bydraes darem ten minste konstant gebly het ten spyte van moeilike ekonomiese toestande?  Is ons tevrede weens die beduidende energie vir ‘n hele aantal kern gemeentebedieninge?  Wat is die onderliggende aannames van ons wense en gebede vir ons gemeente in 2010?

Miroslav Volf het so amper twee maande gelede ‘n inspirerende praatjie gelewer by ‘n jaarlikse missional church konferensie van Luther Seminary wat ek hier in St. Paul (Minnesota) bygewoon het.  Sy titel was God, Hope, and Human Flourishing. Eers begin hy in sy praatjie met Jurgen Moltmann se onderskeiding tussen optimisme en hoop. Moltmann se futurum (optimisme) is wanneer “we survey the past and the present, extrapolate about what is likely to happen in the future, and, if the prospects are good, become optimistic.”  Maar, “hope, on the other hand, has to do with good things in the future that come to us from outside, from God; the future associated with hope – Moltmann calls it adventus – is a gift of something new.  Hoop is die fokus op God wat belowe om nuwe dinge vanuit die toekoms in ons midde te doen.

Volf gaan dan voort om ‘n baie insiggewende beskrywing te gee van die hedendaagse Westernse verstaan van human flourishing.  Hy toon veral aan hoedat hierdie verstaan sover gekom het om florering te definieer as satisfaksie of bevrediging:  “that a flourishing human life is an experientially satisfying human life.”  Dit beteken, “No satisfaction, no flourishing. Sources of satisfaction may vary, ranging from appreciation of classical music to the use of drugs, from the delights of haute cuisine to the pleasures of sadomasochistic sex, from sports to religion. What matters is not the source of satisfaction but the fact of it. What justifies an activity or a given life-style or activity is the satisfaction it generates. And when they experience satisfaction, people feel that they flourish.”

read more