Ek speel nog steeds rond met die onlangse Verantwoordelike Vernuwing konferensie se hoop tema, want dit duik oral op in leeswerk waarmee ek tans besig is vir navorsing oor imagination.  As die christelike hoop primer hoop is in die moontlikhede van God self (sien vorige blog bydraes hieroor van Chris Jones en myself), dan sou hoop ook beskryf kon word in Richard Kearney se metafoor van “desire of God” (in ‘n bundel oor God, the Gift, and Postmodernism wat deur John Caputo en Michael Scanlon geredigeer is).
Kearney beweer daar is twee verskillende maniere waarop God “begeer” kan word.

Die eerste is vanuit ‘n skaarsheidmentaliteit wat absolute kennis begeer vanuit die bewustheid van ‘n gebrek daaraan.  Hierdie soort begeerte kan terug herlei word na Bybelse verhale oor Adam se val en die Toring van Babel.  Dit verteenwoordig wat Kearney, in sy boek The Wake of the Imagination, na verwys as “the ‘evil drive’ (yezer hara) to be God by refashioning Yahweh in our own image.”  In sy Confessions verwys Augustinus hierna as “an empty curiosity… dignified and masked by the name of learning and science… to investigate the concealed working of nature beyond our ken, which it does no good to know  and which men want to know only for the sake of knowing” (soos aangehaal deur Kearney).  Uiteindelik is dit ‘n hoop in wat ons kan sien eerder as Paulus se hoop in dit wat nie gesien kan word nie (Rom. 8:25).  Luther het telkens gewaarsku teen hierdie soort begeerte om God te reduseer tot ‘n besitting van ons metafisiese visie (visio dei), en dat dit niks anders is nie as ‘n begeerte om te domineer en bemeester.  Hoop neem die vorm aan van ons begeerte om ons beperkinge te oorkom met die mag van sekerheid.

read more