Posts Tagged ‘kind’

Vroeëkindontwikkeling as missionale geleentheid om armoede in Suid Afrika aan te spreek

Written by Wilma le Roux on . Posted in Jeug en familie, Kursusse, VBO

Elke kind het die reg op die beste moontlike begin in die lewe…

Navorsing het bewys dat die vroeë kinderjare die kritiese periode is vir die kognitiewe, sosiale en emosionele ontwikkeling wat dan die grondslag vorm vir die kind in sy jeug en latere volwasse lewe. Om kinders met sosiale, emosionele en taalvaardighede toe te rus wanneer hulle nog jonk is, help hulle om uitdagings en stres later beter te hanteer.

Vanaf geboorte tot en met die ouderdom van 7jaar is dit die periode van vinnige ontwikkeling op fisiese, geestelike, verstandelike, emosionele en morele gebied. Die vroeë jare in ‘n kind se lewe is die tyd wanneer hy begrippe, vaardighede en houdings aanleer wat die grondslag lewer vir lewenslange groei en ontwikkeling.

Diaconia in samewerking met Communitas (Sean Esterhuizen en Nioma Venter) bied op 15 – 17 April 2019 ‘n kursus aan in Vroeëkindontwikkeling – juis as ‘n missionale geleentheid om armoede in ons gemeenskappe aan te spreek.

  • Jy sal blootgestel word aan belangrike kennis en insigte rondom Vroeë Kind Ontwikkeling,
  • jy sal geleentheid kry om goeie implementerings idees te ontwikkel oor wat om te doen rondom Vroeë Kind Ontwikkeling in jou gemeente en omgewing,
  • plus jy sal blootgestel word aan ʼn uitstekende beplannings en implementerings metodiek, naamlik Ontwerp Denke wat jy met groot vrug in die bediening sal kan toepas.

Bring gerus lidmate saam om die kursus saam met jou te deurloop.

Die kursus sal definitiewe missionale bewegings en gewoontes uitwys, maar veral op praktiese implementeringsvoorstelle vir gemeentes en gemeenskappe fokus.

Vir’n inskrywingsvorm, kliek hier: VBO-V11-Vroeëkind-ontwikkeling as missionale geleentheid om armoede in Suid Afrika aan te spreek

Vul in en stuur saam met jou betaalbewys na Wilma

Winterskool – die laaste dag

Written by Wilma le Roux on . Posted in Ekklesia, Konferensies, VBO, Vennote

Gedurende die oggend van dag 3 van die Winterskool het die fokus geval op die kwessie van ‘verander die Wêreld’. Kan die kerk ‘n rol hierin speel? En hoe kan ons dan hierdie rol defineer?

Dr Coenie Burger was die hoofspreker van hierdie oggend. Hy het verduidelik dat die tema vir hierdie jaar se Winterskool, nl. Om die Wêreld te verander (“Changing the world”) afkomstig is van ‘n boek wat geskryf is deur James Davison Hunter.  Hierdie boek is in 2014  in ‘n kleiner groep bespreek, en daar is gevoel dat die vraagstukke wat hier na vore kom op ‘n baie breër front bespreek moet word. Dr Burger het in sy toespraak aan die hand van Hunter se verrassende ontleding van die situasie in die VSA gaan kyk hoe dit van toepassing gemaak kan word op die kerke van SA.

Die hele toespraak, asook die van die meeste ander sprekers, sal later op hierdie webblad verskyn – hou die spasie dop!

20150604_113251 20150604_113808

20150604_121613 20150604_121944

20150604_114030

Winterskool Dag 2

Written by Wilma le Roux on . Posted in Ekklesia, Konferensies, VBO, Vennote

Wat is ons verantwoordelikheid as kerk en as landsburgers?

Dit was die onderwerp van Prof Amanda Gouws se rede by die tweede dag van die 2015 Winterskool. kan ons staatmaak op die staat en politici om hierdie land te regeer? Waar pas my en jou verantwoordelikheid in?

Gedurende die oggend parelelle sessies is die temas van die vorige dag voortgesit.

Tydens die middag se onderwerpe is gekyk na hoe liturgie kan funksioneer as ‘n primêre middel tot dissipelmaking; na dissipelskap in die jeugbediening; na hoe om diversiteit in gemeente te omhels; na maniere hoe om pastors en ander kerkleiers te mentor en begelei; en na die uitdagings van bedieninge in die arm gemeenskappe.

Hier is die aanbieders van dag 2, asook ‘n paar ander foto’s:

Winterskool2s

 

 

 

 

 

 

 

  • 20150603_103717

  • 20150603_103858

  • 20150603_104543 20150603_104617

  • 20150603_104101 20150603_104523

  • 20150603_105554 20150603_105040

oueRSkAp in ‘n nUWe paKkiE

Written by Wilma le Roux on . Posted in Kursusse

 ’n Nuwe tyd vra baie nuwe dinge, maar wat van

Ouerskap?

  • Hoe hanteer jy selfoon en internet gebruik in ’n nuwe generasie?
  • Hoe beskerm jy jou kinders teen al die invloede in ’n tyd waar hulle toegang tot alles het?
  • Hoe gee jy nie net vir jou kinders goeie waardes nie, maar ook die vaardighede om die waardes toe te pas en uit te leef?
Ouerskap2

Kom skryf in vir die Ouerskap-kursus wat op 2-4 September by Communitas aangebied word as jy antwoorde op hierdie vrae wil hê.

Padlangs Ouerskap: ‘n VBO-kursus  wat só ingerig word dat deelnemers toegerus word om die kursus self te gaan aanbied nadat hulle die inhoud met hulle eie gesin en drie ander gesinne oor ʼn tydperk van ʼn kwartaal gaan inoefen het – aangebied deur Gielie Loubser & Jan van Zyl

Hierdie 7 module-kursus het die potensiaal om jou te help om net een keer met jou kinders te praat, minder bakleiery te hê; beter kommunikasie te hê ( ook met tieners) en ja, ook vir die huwelik te help! Meer as 1000 egpare is die afgelope 3 jaar deur die kursus, en die getuienis is oorweldigend.

Die doel van hierdie kursus is om ouers te begelei in deelnemende positiewe ouerskap.

  • Ouers word toegerus met gereedskap om hulle te help om ʼn veilige ruimte te skep waar elkeen in die gesin die geleentheid kry om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.
  • Kinders word ook geleer om self verantwoordelikheid vir hulle gedrag te neem. In die proses waar kinders geleer word om keuses te maak, leer hulle selfstandigheid.
  • Die einddoel is ʼn plek waar almal in die gesin gelukkig en tevrede is.

Vaardighede en gereedskap wat deelnemers ontvang:

  • om die belangrikheid van kwaliteit-tyd te besef;
  • hoe om empaties te wees – hier word verskeie kommunikasie-vaardighede aangeleer soos om te eggo, hoe om kinders se emosies te erken, refleksiewe luister;
  • positiewe geloofwaardige terugvoer;
  • nie-bedreigende kommunikasie;
  • ek-boodskappe;
  • dissipline en
  • hoe om ʼn huisvergadering in te rig.

Die bou van verhoudings speel ʼn belangrike rol, asook die vestiging van waardes en die leef daarvan.

Na afloop van hierdie kursus sal jy die oor vaardighede beskik wat jou in staat sal stel om die positiewe deelnemende ouerskap-vaardighede in jou eie lewe te gaan toepas.

Vir ‘n inskrywingsvorm, kliek hier: VBO 23 Padlangs Ouerskap of kontak Wilma