{ARGIEF}

leierskap

Introverte leiers skep proaktiewe ruimtes

"Introverted leaders create a virtuous circle of proactivity!" Susan Cain verwys in haar nuwe boek: Quiet - The power of Introverts in a World that can't stop talking (Crown Publishers: New York, 2012) na Adam Grant (Wharton Management), Francesca Gino (Harvard...

read more

Omgekeerde mentorskap

Omgekeeerde mentorskap kan energie ontsluit waarna baie gemeentes op soek is ... Ek het die afgelope tyd met ‘n aantal jonger predikante en studente te doen gehad. Die naweek was die eerste kamp van die Semianrium op Stellenbosch ‘n 30tal teologiese studente van die...

read more

WAAR IS ONS NOU?

Terwyl ons in Europa ry, het die busbestuurder telkens voor ons vertrek vir my gevra wat ons volgende bestemming is (ek was die toerleier). Nadat hy dit in sy GPS ingesleutel het, het ‘n vroulike stem hom gereeld in Duits herinner wat hy volgende moes doen om die...

read more

Tussen Akademie en Gemeente

Dit het my 'n lang tyd gevat om weer aan die skryf te kom na die gejaag om my doktorale skripsie betyds klaar te kry vroeer vanjaar.  Die post-skripsie sindroom het beslis sy tol geeis.  Hoe meer 'n mens mos lees en skryf, hoe meer kom jy agter jy het...

read more

‘N JAAR LATER…

So blaai ek terug na wat my aan die begin van verlede jaar aangeraak het: 9 Januarie net voor die inhuldiging van president Barack Obama: Leiers moenie hulle poëtiese passie verloor nie. Poëtiese woorde is die seismograaf van die emosionele demografie. Dit sny diep in...

read more

Eerbare leierskap in 2010

Psalm 72

Op Sondag 3 Januarie 2010 vier ons ‘n besonderse fees in die kerk.  Dit is Epifanie.

Vir ons wat in die Gereformeerde tradisie van Calvyn-hulle staan, is dit dalk ‘n bietjie van ‘n vreemde fees.  Wat het die Roomse nou weer uitgedink? sal ‘n paar mense vra.

Eintlik het dit tyd geword dat Christene mekaar se feeste deel.  Maar nietemin kan ons rustig wees dat die Epifanie ‘n baie ou fees is, wat al vanaf die vierde eeu deur Christene gevier is.  Dis nie iets wat die Roomse Kerk in die middeleeue uitgedink het nie.

Kom ons kyk ‘n bietjie na die Epifanie-fees en hoe dit in die kerklike jaar inpas.

Ons is vandag geneig om die tyd voor Kersfees te gebruik om vrolik te wees.  Ons wag Christus se koms feesvierend af, sing Kersliedere en hou Kerssangdienste.  Kom Kersfees, dan deel ons presente uit, gaan kerk toe en eet ‘n lieflike ete saam.  Ons vier God se menswording en onthou ons familie en vriende, mense wat vir ons dierbaar is.  En dis goed so, dat ons Kersfees so vier.

Maar eeue gelede het Christene hierdie tyd anders gevier, en miljoene Christene doen dit nog steeds anders.  Hulle vier die tyd voor Kersfees – om presies te wees, die eerste vier Sondae voor Kersfees – as Advent, ‘n tyd van stilte en meditasie.  ‘n Tyd waarin Christene reflekteer oor hulle lewens en hulle verhouding met God.  Op Oukersaand bars hulle dan uit in feestelikheid – ‘n fees wat 12 dae duur, tot 5 Januarie.  Hierdie is die 12 dae van Kersfees, wat dan duur van Oukersaand tot 5 Januarie, met die Epifanie-fees op 6 Januarie.  Die Epifanie-fees vier God se verskyning op aarde.  Dis wat Epifanie beteken:  “Verskyning”.

In die ou dae het die priester op Epifanie ook die datum aangekondig waarop Paasfees daardie jaar sou plaasvind.  Dis vandag nie meer nodig nie, want op Google kan ‘n mens sommer vir die volgende hoeveel jaar sien op watter dae Paasfees gaan val.

In 2010 vier ons Epifanie op 3 Januarie, die naaste Sondag aan 6 Januarie.  Kom ons gebruik vandag, hierdie Sondag, om die twee dinge te doen wat al vir eeue op die Epifanie-fees gedoen is.  Aan die een kant, kom ons kyk terug na Kersfees, na die verskyning van God as mens, wat 12 (of eintlik 10) dae gelede gevier is.  Aan die ander kant, kom ons kyk vooruit na Paasfees, na die sterwe en opstanding van Christus, wat ons vanjaar gedurende die eerste naweek van April gaan vier.  Ja, oor presies drie maande, van 2 tot 4 April, is dit Paasnaweek.

Maar wat het dit nou alles met Psalm 72 te doen?  Psalm 72 is vir eeue, en vandag nog, op Epifanie-Sondag gelees.  Want met Psalm 72 kan/kon teruggekyk word op die regverdige koning wat op Kersfees gebore is, én daar kan vooruitgekyk word na die Een wat met Paasfees sou sterf en opstaan vir hulle wat onvry is en onregverdig behandel word.

read more

20-22 April: Leierskap

Leierskap – Toerusting van Gemeenteleiers [VBO 7]  Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za Laai inskrywingsvorm af Aanbieders: Braam Hanekom en Jannie le RouxDatum: 20 – 22 April 2010Plek: Stellenbosch Tema en doel: ‘n Wêreld wat daagliks...

read more

Leiers as reisgenote

Die beste is seker dat ek hierdie bydrae met ‘n persoonlike verhaal  begin.

Ek was 16 jaar oud en het teen daardie tyd al vir ‘n geruime tyd ervaar dat ek geroep word vir die bediening. Daar was egter te veel  twyfels en onsekerhede wat in my rondgeloop het om positief op die reoping te reageer. In daardie tyd het ons Leraar- ds Fanie Liebenberg- een Sondag oor ‘n teks gepreek en min of meer die volgende gesê:

Gemeente ek preek vanoggend oor hierdie teks, maar ek is onseker of ek die teks verstaan, eintlik weet ek, ek verstaan die teks nie heeltemal nie, maar gaan tog probeer om te vertel wat die teks met my gedoen het.

Hoekom is daar nou weer so ‘n opkoms van ‘n behoefte aan predikante wat soos “ware dominees van ouds” dinge gaan regmaak? (kodetaal vir die kerk vol preek en almal getrou besoek sodat hulle weer meelewende lidmate sal word)

read more

Die Blinde Kol

Gegewe my huidige navorsing in gemeentes, doen ek heelwat leeswerk rondom eskatologie in die teologie en fenomenologie in die filosofie.  Ek kom toe so ‘n paar weke terug af op Otto Scharmer, besigheidskonsultant en stigter van die Presencing Institute, se nuwe boek, Theory U (Berrett-Koehler, 2009).  Dit is veral die subtitel wat my nuuskierig gemaak het, nl. Leading from the Future as It Emerges.  Scharmer worstel met organisatoriese leierskap te midde van sosiale verandering en hoe dit die transformasie van organisasies raak.  Hy fokus veral op wat hy die social fields van ‘n organisasie noem:  “Social fields… designates the totality and type of connections through which the participants of a given system relate, converse, think, and act.” En hy begin sy meer as 500 bladsye boek met ‘n beeld van die blinde kol.

“The blind spot is the place within or around us where our attention and intention originates.  It’s the place from where we operate when we do something.  The reason it’s blind, is that it is an invisible dimension of our social field, of our everyday experience in social interactions.  This invisible dimension of the social field concerns the sources from which a given social field arises and manifests.” Hy gaan dan voort om dit te illustreer aan die hand van die werk van ‘n kunstenaar:  “we can look at the work of art after it has been created (the thing), during its creation (the process), or before creation begins (the blank canvas or source dimension).” Volgens Scharmer kan dieselfde analogie vir leierskap gebruik word, en kan ons na leierskap vanuit drie verskillende oogpunte kyk:  (1) wat leiers doen (taak); (2) hoe leiers dit doen (proses); (3) vanuit watter bronne leiers funksioneer (onsigbare en onderliggende dimensie wat die aard van leierskap bepaal).  Oor eersgenoemde is daar al tonne leierskapboeke geskryf, terwyl die tweede kategorie waardevolle navorsing opgelewer het oor die laaste 15-20 jaar.  Oor laasgenoemde is daar egter nog bitter min sistematiese navorsing en skryfwerk gedoen.

read more