{ARGIEF}

Missio Dei

Missionale Konferensie

Hier volg die inligting van die Konferensie oor Missionale Ekklesiologie wat op Stellenbosch plaasvind gedurende Meimaand: Embodying the Missio Dei in New Contexts: A Missional Re-imagining of the Church   When: 15-16 May 2017 Where: Communitas, Stellenbosch We will...

read more

Hoop se Absurde en Omgekeerde Logika

Ek speel nog steeds rond met die onlangse Verantwoordelike Vernuwing konferensie se hoop tema, want dit duik oral op in leeswerk waarmee ek tans besig is vir navorsing oor imagination.  As die christelike hoop primer hoop is in die moontlikhede van God self (sien vorige blog bydraes hieroor van Chris Jones en myself), dan sou hoop ook beskryf kon word in Richard Kearney se metafoor van “desire of God” (in ‘n bundel oor God, the Gift, and Postmodernism wat deur John Caputo en Michael Scanlon geredigeer is).
Kearney beweer daar is twee verskillende maniere waarop God “begeer” kan word.

Die eerste is vanuit ‘n skaarsheidmentaliteit wat absolute kennis begeer vanuit die bewustheid van ‘n gebrek daaraan.  Hierdie soort begeerte kan terug herlei word na Bybelse verhale oor Adam se val en die Toring van Babel.  Dit verteenwoordig wat Kearney, in sy boek The Wake of the Imagination, na verwys as “the ‘evil drive’ (yezer hara) to be God by refashioning Yahweh in our own image.”  In sy Confessions verwys Augustinus hierna as “an empty curiosity… dignified and masked by the name of learning and science… to investigate the concealed working of nature beyond our ken, which it does no good to know  and which men want to know only for the sake of knowing” (soos aangehaal deur Kearney).  Uiteindelik is dit ‘n hoop in wat ons kan sien eerder as Paulus se hoop in dit wat nie gesien kan word nie (Rom. 8:25).  Luther het telkens gewaarsku teen hierdie soort begeerte om God te reduseer tot ‘n besitting van ons metafisiese visie (visio dei), en dat dit niks anders is nie as ‘n begeerte om te domineer en bemeester.  Hoop neem die vorm aan van ons begeerte om ons beperkinge te oorkom met die mag van sekerheid.

read more

Calvyn (geb. 10 Julie 1509) en Gestuurde Gemeentes (Post-Christendom)

Vandag (10 Julie) herdenk ons Calvyn se 500ste verjaardag.  Sy nalatingskap is ryk en kontroversieel.  Daar het juis so pas weer nog ‘n nuwe biografie oor sy lewe verskyn, geskryf deur Bruce Gordon, professor in Reformatoriese geskiedenis by Yale Universiteit (sien http://yalepress.yale.edu/yupbooks/book.asp?isbn=9780300120769).  Die van ons wat vanuit die Calvinistiese (en breer gereformeerde) tradisie wil worstel met identiteitsvorming van gestuurde gemeentes in ‘n toenemende post-christendom era het ‘n ryke teologie ontvang vir hierdie taak.  Die volgende is drie moontlikhede waaraan ek gedink het in die verband nadat ek onlangs weer gekyk het na Coenie Burger se baie toeganklike boekie oor die teologiese impulse van die gereformeerde tradisie, Ons Weet Aan Wie Ons Behoort: Nuut Gedink Oor Ons Gereformeerde Tradisie (Lux Verbi, 2001):

 

  • Calvyn se uitdrukking dat ons altyd moet besig wees om “die gesig van God te bedink” herinner ons dat die Lewende God self in die sentrum staan van waarmee ons besig is.  Die gereformeerde coram Deo (om voor die aangesig van God te leef) verstaan van die lewe het veel te bied vir ‘n terugkeer na God as die aktiewe agent in die ganse skepping nadat moderniteit die self (rede, ervaring, aktiwiteit) na die sentrum gestoot het.  Gestuurde gemeentes dink nie oor hulself as gestuurdes van wie dit afhanklik is om God se koninkryk gestalte te gee nie, maar as gestuurdes om deel te neem aan die beweging van God in die wereld, met die taak om gewoontes en praktyke te onderskei van hoe om voor die aangesig van God te leef in die wereld.  God sal self sorg vir Sy koninkryk; selfs met gebruikmaking van die kerk!  Heelwat beginsels en strategiee vir kerklike vernuwing van diegene wat dit ernstig bedoel om die kerk relevant te maak vir ‘n post-christendom era beland steeds in die slaggat van ‘n optimistiese geloof in die vermoens van christenmense om die primere verskil te maak in plaas van ‘n realistiese hoop op wat God reeds besig is om in die wereld te doen en hoe christenmense daarvan kan deel word.  Post-christendom verteenwoodig ‘n skuif weg van die mag van die kerk na ‘n nuwe openheid vir die kragtige teenwoordigheid en aktiwiteit van God self, waarin die kerk bevoorreg is om deel te neem.  Calvyn kan ons dalk help om dieper teologies na te dink oor die radikale verskil tussen hierdie twee posture.
  • Calvyn se beeld dat ons die bril van die Skrif nodig het om sin te maak van die lewe herinner ons daaraan dat die God voor wie se aangesig ons leef die lewende, Drie-enige God is wat ons in die Bybel leer ken.  Gestuurde gemeentes word nie gestuur met ‘n netjies verpakte God in die vorm van dogmatiese reels en resepmatige beginsels nie, maar in die teenwoordigheid van ‘n lewende God wat gestuurde gemeentes vergesel as ‘n sprekende God deur sy Woord.  Op die reis van gestuurdheid funksioneer die Woord as “gids en onderwyser” (Calvyn se beeld in die opskrif van Hoofstuk 6 in Boek 1 van sy Institusies) wat telkemale opnuut weer die wereld van gestuurdheid her-beskryf (ek dink onwillekeurig aan Walter Brueggemann se formulering wat hy by Paul Ricoeur leen om op die Bybel van toepassing te maak, nl die Woord van God as “redescribing the world”).  Die uitgediende Christendom era was dikwels gekenmerk deur ‘n magtige kerk wat die Bybel as ammunisie gebruik het om die kerk se magte posisie te regverdig en verskans in die samelewing.  Gestuurde gemeentes se uitdaging in ‘n post-christendom era is om nie die Bybel instrumenteel te gebruik as ‘n bepaalde kennis wat die kerk besit en na willekeur kan gebruik vir ons eie agendas nie, maar as die enigste bron wat ons op die reis van gestuurdheid te alle tye op die lewende, sprekende God rig sodat ons kan onderskei wat die wil van God eerder as kennis van die Skrif is.  Calvyn kan ons dalk help met kwessies van Skrifbeskouing wat onderliggend is aan sovele relevante en sensitiewe debatte in tipiese post-christendom tye.

read more