Posts Tagged ‘program’

VBO-kursusdatums 2019

Written by Wilma le Roux on . Posted in VBO

Kronologiese VBO-kursusdatums 2019

Hier is die voorlopige datums van kursusse wat VBO-punte-draend is; daaar kan dalk nog bykom. Hou hierdie spasie dop, die volledige VBO-boekie 2019 verskyn in die volgende weke!
Datum Kursus
22-24 Jan Certificate Mod 4: Identity– who are we and where do we fit in?
29-31 Jan Certificate Mod 7: About Missional Churches
– hopeful and energetic for our calling
5-7 Feb Egskeidingsherstel Opleiding     
12 – 14 Feb Brugkursus 1 Mod 1
14 – 16 Feb Spiritual care and counselling for the sick (HospiVision)
18 – 21 Feb Geloofsreis 1 (Aug en Okt 2018 groepe) – AMSS Wellington
19 – 21 Feb Sentrum vir Predikantebegeleiding  (Hartenbos)
25-27 Feb HIV Integration Course/MIV Integrasie Kursus
25-26 Feb Andrew Murray Spiritualiteits konferensie – AMSS Wellington
26-28 Feb Certificate Mod 1: About our context
– a deeper understanding of the world and times we live in
27 Feb – 1 Mar Kontekstuele Sertifikaat Mod 1
4 – 7 Maart Geloofsreis 2 (Feb en April 2018 groepe) – AMSS Wellington
5-7 Maart Kommunikasie-en Konflikhantering –  Edgar Geismar
 7 – 9 Maart Depression: To believe in sunshine (Hospivision)
11 – 14 Maart Geloofsreis 3 (1) – AMSS Wellington
12 Maart en 20 Aug Die Skriba en die Argief
12-14 Maart Uitreik of inreik?! Wat is die verskil en hoe gaan dit jou help
om met jou gemeenskap kontak te maak? (Gemeentebegeleiding en KGA)
18-19 Maart 100 Dae Ringsretraite 1 – AMSS Wellington
29-31 Maart # Imagine Fees
2-4 Apr Spelterapie
9 April Implementeringskursus opvolg
9-11 Apr Certificate Mod 2: About Congregations
– part of the problem or part of the answer?
9-11 Apr Certificate Mod 8: About the Worship and Preaching
– how we believe, tell and celebrate the story of the gospel
9 – 11 Apr Sentrum vir Predikantebegeleiding  – AMSS Wellington
 9 – 12 Apr Advanced course in clinical spiritual care and counselling (Hospivision)
4 April OP PAD NA 65 … OF IS DIT DALK 90+?   Hoe lyk jou aftreebeplanning?
15-17 April Vroeëkindontwikkeling as missionale geleentheid
om armoede in Suid Afrika aan te spreek.
16 – 18 Apr Brugkursus 1 Mod 2 – AMSS Wellington
6 – 9 Mei Geloofsreis 3 (2) – AMSS Wellington 
16 – 18 May HOSPIVISION CONFERENCE
4-6 Jun Churches, Channels of Hope Facilitator Training – Mod 1
10 – 14 Jun Stil retraite na Pinkster – AMSS Wellington
19-21 Jun Bosch/ Newbigin consultation – AMSS Wellington 
25/26 Jun Konsortium dagkonferensie
9-11 Jul Kontekstuele Sertifikaat Mod 2
9-11 Jul Churches, Channels of Hope Facilitator Training – Mod 2
15 – 18 Jul Geloofsreis 2 (Aug en Okt 2018 groepe) – AMSS Wellington
16-18 Jul Winterskool 2018
30 Jul – 1 Aug Sentrum vir Predikantebegeleiding – AMSS Wellington
1 – 3 Aug Trauma counselling in an Accident and Emergency Unit (Hospivision)
6-8 Aug Missionale Worship konferensie saam met Calvin
12 – 15 Aug Geloofsreis 1 (Feb en April 2018 groepe) – AMSS Wellington
13-15 Aug Certificate Mod 5: About Ministry and Spiritual Leadership
– the core of pastoral work)
20-22 Aug Padlangs Ouerskap (Suid-Kaap)  (Datum kan dalk skuif)
 5 – 7 Sep Memory work and life maps in counselling for loss,
death and bereavement (Hospivision)
9-10 Sep 100 Dae Ringsretraite 2 
10-12 Sep Certificate Mod 3: About God – the Triune God of the Bible, Missio Dei
and the plot of the Gospel
10-12 Sep Certificate Mod 9: About Community
– to strengthen koinonia and service in our congregations
3 – 5  Sep Brugkursus 2 Mod 1 – AMSS Wellington
3-5 Sep Kontekstuele Sertifikaat Mod 3
16 – 20 Sep Retraite 4  deur JAN JOHNSON (Greyton)
17-19 Sep Jongleraars VBO – AMSS Wellington
25 – 29 Sep Taizé Fees
8-9 Okt TEASA Conf 2019 (Evangelical Alliance of SA)
8-10 Okt Certificate Mod 6: About Ministry and Spiritual Formation
– how people are shaped (formed) for discipleship and service
15-17 Okt Skrifverstaan en Kerkwees – Louis Jonker
17 – 19 Okt Spiritual care and counselling for the sick (HospiVision)
22 – 24 Okt Sentrum vir Predikantebegeleiding – AMSS Wellington
12 – 14 Nov Brugkursus 2 Mod 2 – AMSS Wellington

VBO-Programboekie 2016

Written by Wilma le Roux on . Posted in Dissipelvorming, VBO

VBO gaan oor die verdieping van ons verstaan
van die evangelie,
ons ingesteldheid teenoor ons roeping en
oor die slyping van
ons bedieningsvaardighede.
Dit gaan veral ook oor konstante leerbaarheid:
oor die moed om in nuwe situasies in te gaan
met die vertroue dat die Here ons kan leer en
’n weg kan wys
wat ons nie nou helder sien nie.
9 blokke
Geagte kollega

Ons as Taakspan vir VBO stuur aan jou hierdie VBO gids vir 2016 met groot verwagting. Ons is tot ʼn groot mate ʼn nuwe span wat graag wil voortbou op die goeie werk van die vorige span. Hierdie jaar se gids is werklik ʼn spanpoging waaraan byna elke taakspan van die Sinode saam gewerk het. Meeste van die kursusse is daarom kursusse wat VBO saam met hierdie taakspanne aanbied.
Ons is bewus van die besondere uitdagings wat aan ons as predikante gestel word in hierdie tye en het na die beste van ons vermoë ʼn program saamgestel wat hierdie uitdagings aanspreek. Die uitdagings wat deur die Moderamen vasgestel is, het ons gehelp om die fokusse van die kursusse te ontwikkel.

VBO-PROGRAM 2015

Written by Wilma le Roux on . Posted in VBO

 VBO 2015

VBO-Boekie 2015

Die volledige VBO-boekie en program word hier beskikbaar gestel. Laai dit gerus af, kyk na die verskeidenheid van kursusse en dagboek dit waarin jy belangstel om by te woon.

Verskeie kursusse word vanjaar in Engels aangebied saam met Ekklesia, en word so aangedui op die program. Ons werk graag in sekere van ons kursusse met ʼn meer gemengde groep leraars omdat ons ervaar dat dit die leerervaring soveel verhoog.

Die inhoud van die 2015 VBO-boekie is weer lekker kompak gehou, maar ter wille van persone wat navraag gedoen het oor die agtergrond en doel van VBO, is daar ʼn inligtingsblad daaroor ingevoeg.

Die VBO-program vir 2015 sluit in:

  • ʼn Paar groot konferensies wat in samewerking met Ekklesia aangebied word, soos die Missionale Konferensie getiteld The Future of Missional Theology and Missional Churches; ʼn konferensie oor Erediens en Aanbidding: God bless Africa: Worship for a Time Like This (saam met die Calvin Institute of Christian Worship) en die jaarlikse Winterskool met die tema: Changing the World? An invitation to faithful discipleship and responsible citizenship.
  • Die internasionale Fresh Expressions Konferensie wat aanvanklik vir later in 2015 beplan is, vind nou in Februarie 2016 plaas.
  • Die Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing word baie sterk aanbeveel – lees ook die getuienisse van persone wat reeds met die program besig is.
  • ’n Hele klomp interessante een-, twee en driedagkursusse – o.a. ʼn Emeriti-kursus, een oor Gemeente-finansies en administrasie, oor Preek-maak, die Happiness-teorie, die Doop,  en nog baie meer …
Laai gerus die volledige boekie af – kliek HIER: VBO-boekie 2015_Nuutste