Hoe kry ‘n mens nuwe leiers? Of nog eerder: hoe kry jy enige leiers?

Na ons roepingsoeke het ons in Gordonsbaai oorbeweeg na ‘n ander struktuur van gemeentewees. Die struktuur moet immers die roeping volg. Deel van hierdie verandering was dat ons nie meer met wyke wou werk nie. Dus is daar nie meer ouderlinge en diakens volgens wyke nie. Eintlik het ons net formeel gemaak waarmee ons toe al vir jare sukkel, en dis dat wyksgefundeerde leierskap nie meer effektief in ons opset is nie. As ‘n mens telkens sukkel om mense vir sekere leierskapsrolle te kry, moet jy darem seker begin om die werklikheid in die oë te kyk.

Toe haak ons vas…

Ons het gehoop ons lidmate sou die Handelinge 2 model van omgeegroepe meer aangryp. Hoewel die begrip vir omgeegroepe daar is, k on ons om die een of ander rede die grootste deel van ons mense nie beweeg kry om aan te sluit nie. O ja, ons het Rick Warren se 40 dae Purpose Driven Life met groot sukses aangebied. En met groot sukses baie groepe gehad. En met groot sukses baie groepe verloor…

read more