Ek het onlangs te doen gehad met ‘n hele paar gemeentes wat duidelikheid het oor hulle roeping, sommige gevalle reeds vir jare, maar hulle voel nie dat hulle daarin slaag om hulle roeping te leef nie en voel verdwaal of sommer net vasgeloop. Ek wonder hieroor. Soos hulle in sisteemdenke sê, “you must admire the problem!”.

Dit het my laat dink aan die getuienisse wat ek gehoor het van mense wat in 2006 betrokke was by die kerkeenheidsprosesse. Esselenpark was ‘n deurslaggewende byeenkoms- die ervaring van die roeping vir eenheid was so sterk dat die leiers binne ‘n paar jaar een kerk gesien het.  Ek het van hulle hoor se dit hulle fisies ervaar het dat die Gees in die vertrek was!  Daarna het Achterberg 1 en 2 gekom en meer wantroue en tot waar ons nou is in ‘n doodloopstraat. Wat het gebeur dat hierdie kragtige ingryp van die Gees skeinbaar totaal verlore geraak het?

‘n Kollega wat daar was het my gehelp toe hy vertel dat Esselenpark nie ‘n vergadering was nie, maar ‘n byeenkoms van leiers uit die twee kerke met die oog daarop dat hulle mekaar beter kon leer ken en bou aan onderlinge vertroue. Die agenda was eintlik ‘n litrugie, van storievertel, saam wandel in die Woord -Lukas 24 as ek dit reg het- en saam ‘n boom plant. Achterberg 1 was al ‘n bietjie meer van ‘n vergadering- taakspanne het met die werklikheid begin worstel, Achterberg II was ‘n vergadering, en so hoor ek,  daar het die wiele afgekom! Sien in Liturgie verloor ons onsself in iets groters as onsself, word ons meegevoer om die onmoontlike te sien en te beleef in aanbidding. By vergaderings volg ons die reels van die politieke spel die spel van die moontlike, daar moet ons oppas of ons bevestig ons onsself en ons belange. ( ek weet dit kan ook anders )

read more