In ‘n gesprek vra ‘n kollega – ietwat moedeloos – hoekom mense in prosesse geneig is om terug te val na die bekende eerder as om die onbekende van die nuwe te omhels. Ek stel dit so ‘n bietjie anders as hy! Ek dink baie gemeenteleiers ken hierdie gevoel.

Ek neem die vraag ernstig op, want die kollega is een van die mees bekwame en kreatiewe prosesbegeleiers wat ek ken. Sy vraag het nie te doen met ‘n gebrek aan vaardigheid van die begeleier of die kwaliteit van die proses nie. Dit kan van ander waar wees maar beslis nie van hom nie. Hy sit my aan die dink oor myself, en die vrese waarmee ek sit wanneer ek saam met mense ‘n pad begin stap na ‘n onbekende plek. Hier is ‘n paar goed wat ek van myself ontdek het:

read more