{ARGIEF}

Toekoms

Winterskool 2016 laat ons dink …

   Tuiste of nie?   Die afgelope Wintereskool by die Fakulteit Teologie op Stellenbosch is bygewoon deur ongeveer 225 persone uit meer as 20 verskillende denominasies en geloofstradisies. Daar is gepraat, geluister, geleer en gekuier rondom die tema van 'n Tuiste vir...

read more

Dankbaarheid en Verwagting

Dit is vandag "Thanksgiving Day" in Amerika.  Afgesien daarvan dat ek nou nie vreeslik mal is oor kalkoen nie, is dit nogeens 'n gesekulariseerde kommersialisering van 'n gebruik wat tradisioneel eeue gelede ontstaan het as 'n godsdienstige geleentheid van...

read more

Die Blinde Kol

Gegewe my huidige navorsing in gemeentes, doen ek heelwat leeswerk rondom eskatologie in die teologie en fenomenologie in die filosofie.  Ek kom toe so ‘n paar weke terug af op Otto Scharmer, besigheidskonsultant en stigter van die Presencing Institute, se nuwe boek, Theory U (Berrett-Koehler, 2009).  Dit is veral die subtitel wat my nuuskierig gemaak het, nl. Leading from the Future as It Emerges.  Scharmer worstel met organisatoriese leierskap te midde van sosiale verandering en hoe dit die transformasie van organisasies raak.  Hy fokus veral op wat hy die social fields van ‘n organisasie noem:  “Social fields… designates the totality and type of connections through which the participants of a given system relate, converse, think, and act.” En hy begin sy meer as 500 bladsye boek met ‘n beeld van die blinde kol.

“The blind spot is the place within or around us where our attention and intention originates.  It’s the place from where we operate when we do something.  The reason it’s blind, is that it is an invisible dimension of our social field, of our everyday experience in social interactions.  This invisible dimension of the social field concerns the sources from which a given social field arises and manifests.” Hy gaan dan voort om dit te illustreer aan die hand van die werk van ‘n kunstenaar:  “we can look at the work of art after it has been created (the thing), during its creation (the process), or before creation begins (the blank canvas or source dimension).” Volgens Scharmer kan dieselfde analogie vir leierskap gebruik word, en kan ons na leierskap vanuit drie verskillende oogpunte kyk:  (1) wat leiers doen (taak); (2) hoe leiers dit doen (proses); (3) vanuit watter bronne leiers funksioneer (onsigbare en onderliggende dimensie wat die aard van leierskap bepaal).  Oor eersgenoemde is daar al tonne leierskapboeke geskryf, terwyl die tweede kategorie waardevolle navorsing opgelewer het oor die laaste 15-20 jaar.  Oor laasgenoemde is daar egter nog bitter min sistematiese navorsing en skryfwerk gedoen.

read more