{ARGIEF}

transformasie

Verder Geluister: Gen 28:10-19a

Sondag 17 Julie 2011 ~ Vierde Sondag in Koninkrykstyd: Gen 28:10-19a Ons fokusteks is ryk aan inhoud. Dit het vele kante wat relevant is vir die konteks waarin ons vandag in Suid-Afrika leef. Van hierdie talle perspektiewe is daar drie gedagtes wat ek hier wil deel....

read more

Die Blinde Kol

Gegewe my huidige navorsing in gemeentes, doen ek heelwat leeswerk rondom eskatologie in die teologie en fenomenologie in die filosofie.  Ek kom toe so ‘n paar weke terug af op Otto Scharmer, besigheidskonsultant en stigter van die Presencing Institute, se nuwe boek, Theory U (Berrett-Koehler, 2009).  Dit is veral die subtitel wat my nuuskierig gemaak het, nl. Leading from the Future as It Emerges.  Scharmer worstel met organisatoriese leierskap te midde van sosiale verandering en hoe dit die transformasie van organisasies raak.  Hy fokus veral op wat hy die social fields van ‘n organisasie noem:  “Social fields… designates the totality and type of connections through which the participants of a given system relate, converse, think, and act.” En hy begin sy meer as 500 bladsye boek met ‘n beeld van die blinde kol.

“The blind spot is the place within or around us where our attention and intention originates.  It’s the place from where we operate when we do something.  The reason it’s blind, is that it is an invisible dimension of our social field, of our everyday experience in social interactions.  This invisible dimension of the social field concerns the sources from which a given social field arises and manifests.” Hy gaan dan voort om dit te illustreer aan die hand van die werk van ‘n kunstenaar:  “we can look at the work of art after it has been created (the thing), during its creation (the process), or before creation begins (the blank canvas or source dimension).” Volgens Scharmer kan dieselfde analogie vir leierskap gebruik word, en kan ons na leierskap vanuit drie verskillende oogpunte kyk:  (1) wat leiers doen (taak); (2) hoe leiers dit doen (proses); (3) vanuit watter bronne leiers funksioneer (onsigbare en onderliggende dimensie wat die aard van leierskap bepaal).  Oor eersgenoemde is daar al tonne leierskapboeke geskryf, terwyl die tweede kategorie waardevolle navorsing opgelewer het oor die laaste 15-20 jaar.  Oor laasgenoemde is daar egter nog bitter min sistematiese navorsing en skryfwerk gedoen.

read more

Om saam te sit rondom ‘n bier of ‘n pakkie chips

Stereotipering op grond van velkleur of ras was weer 'n kern debat in die Amerikaanse nuus die afgelope paar weke nadat 'n baie bekende African-American professor in African-American geskiedenis, Henry Louis Gates, in sy eie huis vir "disorderly conduct" gearresteer...

read more

Die nege fases van verandering

Die nege fase van veranderings Waar staan ons in die proses?Verwerking van John Kotter se teorie van die bestuur van veranderingFrederick Marais & Johan Kotze Die opskrif sê dat daar verandering is. Onafhanklik van die omvang van verandering, het die geskiedenis...

read more