22 Mei 2011 – Vyfde Sondag van Paastyd

Hand 7:55-60: Vergifnis maak van jou ‘n wenner!

Hierdie is eintlik nie ‘n lekker storie om ná die Paasgebeure te lees nie. ‘n Marteldood sou beter inpas in Lydenstyd, maar nie ná die opstanding van Jesus nie. Daarom vang die verhaal van Stefanus jou in ‘n sekere sin onkant op hierdie Sondag. Hy wat na weduwees omgesien het, wie omgegee het vir mense en behoeftiges, hy word gestenig.

‘n Bietjie onverwags … maar net só is dit ook met geweld vandag! Boosheid kom nog steeds voor, al het Christus dit oorwin. Die vraag is egter: Hoe behoort ‘n mens dit te hanteer? Wat sê en leer jy vir jou kinders hieroor?
Ons kry die antwoord by Stefanus: “Toe het hy op sy knieë neergesak en hard uitgeroep: “Here, moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie!” Met hierdie woorde het hy gesterwe.” Dít is lofwaardig. Bo-menslik. Dit gaan teen die natuurlike grein van die mens in. 

read more