Teologie en Menswaardigheid

Written by Wilma le Roux on . Posted in Communitas-e, Resensies

‘n Werkstuk nav Prof Dirkie Smit se YouTube lesings oor Teologie en Menswaardigheid,

hierdie jaar Kursus op Aanvraag 12 in die VBO-boekie

– deur Ds Stephan Lubbe

Miskien sou ek dit wat volg as ’n preek (soos die opdrag dit aandui) kon aanbied, maar ek noem dit graag liewer…

’n Poging om nadenkend te reageer op VBO Kursus op Aanvraag 12, 2018 (óf dit na te praat waar dit my pas), soos aangebied deur Prof Dirkie Smit (YouTube-weergawe)

My eie gewaarwording rakende die saak van Menswaardigheid het oor die afgelope aantal jare, tot my eie verligting, gegroei – vanaf die jaar van die Algemeen-Sinodale besluit op die “Seisoen van Menswaardigheid” toe my reaksie was: “Wat is hierdie nuwigheid waarmee die NG Kerk nou weer besig is?” (min of meer dieselfde reaksie by ’n ouderling wat Prof Smit in die eerste lesing noem ivm US Teologie se keuse om Menswaardigheid as tema vir hul bydrae tot die “Hoop Projek” te neem: “Wat het teologie met menswaardigheid te doen?”), tot vandag dat ek byna die saak nie kan los-dink van enige kontak met en ervaring van mense in watter omstandighede ookal nie; en netso min kan ek die verband daarvan miskyk met die boodskap van die Evangelie van Jesus Christus.

Die hart van menswees het daarmee te doen. En dit raak elke terrein waarop menslike bewussyn, lewe en aktiwiteit plaasvind: Selfbeeld, Selfaanvaarding, Selfhandhawing, Psigiese en geestelike volwassenheid, Kinder- en Adolessente ontwikkeling, Seksualiteit en “Gender”, “Peer Group”-verhoudings, Huweliksverhoudings, Gesinsverhoudings, Inter-generasionele verhoudings, Groepsdinamika, Konflikhantering, Werksverhoudings en –omstandighede, Rasse- en Volke-verhoudings, Persoonlike en Groeps-identiteit, Lone en salarisse, Ekonomie en Industrie, Behuising, Besit/Eiendom, Nasionale en Internasionale Reg, Opvoeding en Opleiding, Geneeskunde, Politiek, Sport, ja, en ook Godsdiens en Teologie. Oral waar mense beweeg en met mekaar te doen het, word mense se waarde “geweeg”, in eie oë of in die oë van “ander”. En daar word opgetree teenoor self en ander in die lig van hierdie “waarde-gewig” van elke mens of mense-groep.

’n Belangrike vraag is, waarop hierdie “waarde-gewig” van mense gebaseer word? Wat is die standaard, die maatstaf, waarvolgens mens(e) se menswaardigheid gemeet word? Of is dit maar ’n kwessie van die menslike omgewing waarin hierdie waardebepaling plaasvind: Op die sportveld het die goeie atleet menswaardigheid; in die besigheidswêreld is die suksesvolle winsmaker die een wat menswaardig is; op die slagveld is die goeie generaal en die dapper soldaat die mense met menswaardigheid; mense van ’n “meer ontwikkelde” kultuur/tegnologie het menswaardigheid; ens.? En die keersy daarvan: Is daar dan mense wat nie menswaardigheid het nie, mense wat eenvoudig nie aan die norm voldoen nie; of ten minste as minder menswaardigheid bejeën kan word en “tevrede” moet wees daarmee?

Om die hele werkstuk te lees, kliek hier: Teologie en Menswaardigheid

 

 

Tags: , , , , ,

Trackback from your site.

Leave a comment