{ARGIEF}

Teologiese Opleiding: Is jy dalk geroep?

 theological_seminary_171_dorp_street_stellenbosch

‘n Missionale Kerk dink wyer oor Bediening en Teologiese Opleiding
‘n Missionale kerk dink wyer oor bediening en teologiese opleiding. ‘n Missionale kerk is anders en bring verandering.
‘n Missionale kerk is ‘n kerk wat wil uitreik na alle mense in gemeenskappe en oor landsgrense. Om dit te kan wees het die kerk ‘n verskeidenheid van mense nodig om leiding te neem.
‘n Missionale kerk het mense nodig wat opgelei word om as spesialisleiers dienswerk te doen in die kerk. Dit sluit jeugwerkers, gemeenskapswerkers, evangeliste, beraders en kerkplanters in.
Deur die eeue het God mense geroep, en Hy doen dit nog vandag – moet dus nie huiwer om die eerste tree te neem nie.
Deel onderstaande video gerus met matrikulante, enige voornemende student of ander belangstellendes.
https://www.youtube.com/watch?v=gTA9-2xkvFQ&feature=youtu.be
God roep Mense om ‘n Verskil te maak
God roep mense om ‘n verskil te maak. Daar is ‘n misterie in God se sending na die wêreld – mense word vandag nog geroep vir dienswerk, om deel te neem aan God se sending na die wêreld. Baie dikwels hoor ons die roepstem wanneer ons nood in die wêreld sien en ons weet ons kan nie verbystap nie.
Moenie uitstel om aan die roepstem wat jy hoor, gehoorsaam te wees nie… Frederick Marais gesels in die onderstaande kort video verder.
https://www.youtube.com/watch?v=-dx3R5P5eyk
Is ek te Oud of te Jonk vir die Bediening?
Roeping kom na ons in verskillende fases van ons lewens. Daar was ‘n tyd waarin ons gedink het dit gebeur net met ons as ons jonk is, of as skoolverlaters. Maar meer en meer mense wat ouer is, kom na voor en praat met ons oor hul roeping. Frederick Marais gesels in die onderstaande kort video verder.
https://www.youtube.com/watch?v=PGUi6cU9KaU
Is ek geroep? Of dalk my kind of kleinkind?
Bemoedig of ontmoedig ek geroepenes? Wat doen jy as jy sê jy is geroep? Of dalk jou kind of kleinkind?
Wanneer ‘n persoon ervaar dat God hulle roep, is hulle meestal baie onseker. Onseker of hulle goed genoeg is om God se werk te doen. Baie geroepenes loop vir lank met hierdie bewuswording van ‘n roeping sonder om met iemand daaroor te gesels.
Luister gerus na Frederick Marais in die onderstaande kort video  – kliek op die skakel:
https://www.youtube.com/watch?v=fbsAXmQ70Us
Met wie kan ek praat …
Die gesprek oor jou roeping begin by die mense wat na aan jou is; die mense wat jy vertrou.
Luister na Eddie Orsmond om te hoor met wie jy kan praat oor jou roeping – kliek op hierdie skakel:
https://www.youtube.com/watch?v=Dw0FI3bCJaY

Inskrywings vir teologiese studie sluit einde September. Kontak Amanda van Niekerk by 021 808 9138 of toerusting@sun.ac.za met navrae.