{ARGIEF}

 Wat is die vennootskap van gestuurde gemeentes?

’n Netwerk van gemeentes wat die volgende visie deel:
Om te luister na God se spesifieke roeping vir ons, om deur God gestuur te word en om deur die Heilige Gees bemagtig te word om deel te wees van God se sending in die wêreld, sodat beide ons uitreik na die gemeenskap en ons lewe saam as gemeente ’n getuienis vir Jesus Christus kan wees.

Hierdie is ’n vennootskap van gemeentes op ’n gemeenskaplike en gedeelde reis – dit neem tyd – selfs jare. Die vennote verander, neem berekende risiko’s, probeer nuwe dinge en is toegewy aan ’n langtermyn verbintenis (3-5 jaar) tot die uitdagende geleenthede daaraan verbonde om ‘n gestuurde (missonale) gemeente te word.

Ons het ’n visie:

Van gemeentes wat oor grense heen uitreik soos wat hulle nou leef volgens die patroon wat God vir die hele wêreld verkies.

Ons het ’n plan van aksie om daar te kom:

Die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes

Miskien sal julle graag saam met vennote wil werk wat met dieselfde vraagstuk worstel, elkeen in ’n unieke konteks, terwyl God ons elkeen roep om “gestuur te wees”. Roep God jou om deel te wees van die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes?

“Om gestuur te wees” beteken om meer as net ekstra maatskaplike/gemeenskapsdienste of gemeente projekte te verrig, of om die lidmaattal van ’n gemeente uit te brei. Om gestuur te wees beïnvloed alles wat die gemeente is en doen.

 

Agtergrond
Gestuurde gemeentes [Powerpoint: 3.2 MB] [Pdf 2.18 MB]
Missional Churches [Powerpoint: 2.47 MB] [Pdf 2.07 MB]

 

Brosjure
Vennootskap Brosjure Afrikaans [Word 418 KB] [Pdf 110 KB]
Partnership Brosjure English [Word 418 KB] [Pdf 85 KB]

 

Pamflet
Vennootskap vir Missionêre Kerke –
Afrikaanse Pamflet [Word 514 KB]
[Pdf 134 KB]
Partnership for Missional Churches –
English Pamphlet [
Word 516 KB]
[Pdf 140 KB]

 

Interessante leesstof
Hierdie artikel oor die Missionêre kerk het in Kruisgewys
Jaargang 3 Uitgawe 2 verskyn. [ Word 30 KB]
[Pdf 70 KB]
NG gemeente Halfweghuis: Voorbeeld hoe die proses hanteer word
(PPT 4 MB)
[Pdf 789 KB]
NG gemeente Halfweghuis se powerpoint oor die Vennootskap (PPT 2 MB) [Pdf 2.09 MB]

 

“Jesus … did not write a book which would have served forever as the unquestionable and irreformable statement of the truth about God. He formed a community of friends and. shared his life with them” (Lesslie Newbigin, 1995).