Verder Geluister: Ef 2:1-10

Written by Admin on . Posted in Preekstudies, Verder geluister

18 Maart 2012 ~ Vierde Sondag in Lydenstyd ~ Ef 2:1-10

Meryl Streep het onlangs die Oscar vir die haar spel in Iron Lady gekry waarin sy Margaret Thatcher uitgebeeld het. En het sy nie uitstekende spel gelewer nie. Sy verdien daardie toekenning oor en oor.

Dit is nou ook die tyd van die super rugby. En daar word hard geoefen en ingeoefen en gespeel – alhoewel dit maar baie stampkarrerig is. Aan die einde van die kompetisie gaan ‘n span beloon word vir hulle lywe en lewe (tyd) wat hulle op die spel geplaas het.

Een van die dae is dit Olimpiese Spele en vele sportpersone droom oor daardie eerste plek en om die goue medalje te verwerf.

Elders praat Paulus self ook van die atleet wat hom moet inspan om die kroon te kry.

Maar hier, in Ef 2. is Paulus intens bewus dat die grootste prys wat ‘n mens ooit kan toekom, om uit die dood tot lewe te kan kom, niks te make het met die mens se talent of toewyding of fisiese vermoëns nie. Dis alleen God se genade, barmhartigheid , liefde wat dit vir ons moontlik maak.

 

In Ef 2:1-10 is Paulus heel liries oor hierdie liefde van God vir ons. Dit is ‘n belydenis waaroor hy jubel eerder as om dit dogmaties te verduidelik.
Dit laat my wonder of ons nog verwonderd is oor die wonder van God se genade en liefde vir ons en Sy skepping. Miskien het ons al te gewoond geraak daaraan dat ons sonder enige verdienste uit die dood tot lewe gered is. Miskien besef ons nie altyd wat die lewe beteken nie. Miskien weet ons nie eers dat ons dood was (is) nie. Ongeërgd gaan ons met die hierdie grootse geskenk van God aan ons om.

Die gevaar vir ons is om wanneer ons sukses behaal, of iets goeds regkry, of op die skouer geklop word, dit verkeerd te interpreteer. Dan neem die eie-ek, die messiaskompleks, die “self made person” oor. Paulus noem dit kortweg, trots. Dan mis ek my doel weer ‘n keer. Dood ek terug die sondige lewe in.

Daarom dat ons ‘n lewe van onderskeiding moet leef en … ons wy aan die goeie dade waarvoor God ons bestem het.

Diep, diep dankbaar.

Vader in die hemel!
Moet tog nie ons sonde voor ons staanmaak nie.
Hou ons eerder staande teen die sonde.
Gee dat ons elke keer wanner ons aan U dink,
Nie vrees aan skuld sal ervaar oor alles wat ons aangevang het nie;
Maar eerder vrede en vreugde oor wat U alles vir ons gedoen het,
Help ons om te vergeet hoe ver ons afgedwaal het,
En eerder te onthou dat U ons daar kom haal het! (Soren Kierkegaard)

Pierre Goosen

Seisoen van Luister Ppoint

een Preekriglyn in Argief 

Tags: , , , ,

Trackback from your site.

Leave a comment