Verder Geluister: Matt 4:1-11

Written by Admin on . Posted in Preekstudies, Verder geluister

The GI denounces Jesus for His responses to the three questions Satan asks Him during the temptation of Christ. Basically, Satan tempts Jesus to perform a set of miracles to gain the trust of the masses and to rule over all of the kingdoms of the world, but Jesus refuses these in favor of offering people the freedom to choose to believe in Him or not. The GI asserts that Jesus misjudges human nature, and that most of humanity cannot handle this freedom, and so Jesus has, in essence, doomed humanity to a life of sin and despair.

The GI and the Church, through the Inquisition, have sought to right this wrong made by Jesus. The GI and the Church choose to follow Satan instead, by providing humans the miracles they need to make them believe, and to instill in them a sense of obligation to follow only what the Church says. It is the sole responsibility of a select few of the Church to take on the “burden of freedom”, to choose what the masses should do and should not do, so that even if the people are still sinning and robbed of salvation, at least they are well-fed and happy during their time on earth!

At the end of the tale, Christ says nothing, but instead kisses the GI on his “bloodless, aged lips”, and Christ is released from jail, but the GI tells him to never return.

Dostoevsky read this story as Jesus’s condemnation of organized religion.  He argued that the dominant church had capitulated to mystery, miracle and authority as means of controlling the people and removing from them responsibility and therefore freedom. Assuming that Satan’s tempting goes on today, how are the original temptations being manifested in contemporary life and society? www.lost.com/forum/showthread

To reject these temptations is to say we will live within the limits of what is accepting mystery testing the limits of what is possible and not seeking to exert power over others or supporting our country in doing the same. www.associatedcontent.com/article/5557702/jesus_temptations_dostoevsky_style.html.

Dostoevsky se “interpretasie” van die week se fokusteks mag dalk ‘n konstruktiewe  bydrae tot die huidige debat oor gebed lewer?

Ons kontak met die Onbegryplike
Beeld van 2011-03-02 
 
Ds. Albert Cruywagen van die NG gemeente Riebeeckpark in Kempton Park. Hy het die debat begin met sy siening dat gebed in die vorm van versoeke aan God nie werk nie.Foto: Wayne Coetzee

Werk gebed, of werk dit nie? En as dit werk, hoe werk dit? Neels Jackson het gaan lig soek.
 
Gebed, sê ds. Bennie Mostert van die gebedsnetwerk Jerigo Mure, is ’n moeilike saak.

Hy probeer nie eens alles oor gebed verduidelik of verklaar nie. Om gebed te probeer verklaar, is “soos om ’n miswolk te probeer vang”.

Hy meen egter dis ’n eenvoudige ding om te doen, so eenvoudig soos: “Bid en vir jou sal gegee word.”
Die Bybel spesifiseer nie hoe God sal gee nie, maar Hy sal gee, sê Mostert.

Vir baie mense is dit ’n probleem as God nie doen presies wat hulle vra nie, want dis “hul enigste verstaan van gebed”.
Mostert sê hulle begryp dikwels later dat dit wat hulle wou hê, die verkeerde ding sou gewees het.

Dat mense se verstaan van gebed vir hulle probleme besorg, is egter ’n aanduiding dat daar verkeerde opvattings van gebed in omloop is. Gebed is nie altyd wat mense daarvan maak nie.

So, wat is gebed nié?

Die teoloog en skrywer dr. Stephan Joubert sê gebed is nie ’n stuk gereedskap nie, dis ’n verhouding.

Dis nie ’n middel om God mee te manipuleer nie, sê prof. Julian Müller, adjunkdekaan van die fakulteit teologie aan die Universiteit van Pretoria.

Hy meen daar is ’n fyn grens tussen geloof en bygeloof. ’n Mens steek dit oor as jy met gebed jouself in die magsposisie plaas waar jou wil moet geskied.

Gelowiges word volgens Jesus se modelgebed genooi om hul behoeftes na Hom toe te bring, maar dan gaan dit oor daaglikse brood, en ook net in een van die Ons Vader se verskeie bedes, sê Müller.

Gebed is daarom ook nie bloot ’n lang behoeftelys waaraan God as die Groot Kruidenier moet voldoen nie, sê dr. André van Niekerk, leraar van die NG gemeente Waterkloof, aan die hand van ’n beeld wat die teoloog Ferdinand Deist gebruik het.
Gebed is volgens Joubert ook nie ’n kitsresep, ’n soort 21-dae-na-’n-beter-ek nie.

Müller sê sienings van gebed hang saam met mense se sienings van wie God is.

Gebed as poging om God in beweging te bring, hang dikwels saam met die siening van God as Iemand wat ver is en agter die skerms die toutjies trek wat dinge hier laat gebeur.

Hy verkies ’n siening van God wat in sy misterieuse andersheid deurentyd teenwoordig is.

Joubert verwys na die skrywer C.S. Lewis, wat gesê het baie mense wil God nie as ’n Vader hê nie, maar as ’n Oupa wat hulle gelukkig hou.

Dan, sê Joubert, word God soos ’n Kersvader wat presente bring en verder uit jou pad uit bly.

As ’n mens God nie sien as Iemand wie se taak dit is om aan menslike versoeke te voldoen nie, is menslike ervaring, ook wat betref gebedsverhoring, nie ’n maatstaf om Hom of sy almag aan te meet nie, sê Joubert.

Die Nuwe Testament skram nie daarvan weg dat swaarkry en lyding deel is van ’n gelowige se lewe nie. Gebed help jou nie altyd om lyding te vermy nie, maar om dit te hanteer.

Terwyl God mense wel in antwoord op gebed uit moeilikheid kan red en dit soms doen, is gebed nie daar om te sorg dat ’n mens in jou gemaksones kan bly leef nie. Inteendeel.

Die primêre funksie van gebed, sê Joubert, is om jou te onderwerp aan die wil van God.

Hy wys daarop dat die Bybel in Prediker 4 maan dat ’n mens versigtig moet wees met gebed. Ook Jesus waarsku teen ’n stortvloed van woorde.

Die gelowige moet God se voorwaardes vir gebed ken, sê Joubert. Dit sluit in dat die bidder God se wil moet soek, dat jy Hom in Christus moet nader, dat jy God se eer voorop stel, dat jy die nood en die redding van ander mense op die hart sal dra.
Te veel gebede is gerig op menslike selfsug, meen Joubert. Selfs ’n gebed om God se beskerming kan bloot wees “sodat ek met my selfsugtige lewe kan aangaan”.

As ’n mens regtig bid, begin jy huil saam met die armes, en dan bring dit jou in beweging om te help.

Van Niekerk wys ook daarop dat Deist gebed vergelyk het daarmee dat ’n mens inprop by ’n groot kragnetwerk. Daar kry die bidder krag om te gaan doen.

Mostert, Müller, Joubert en Van Niekerk is dit eens dat gebed nie ’n selfgesprek met God as aanhoorder is soos wat ds. Albert Cruywagen van die gemeente Riebeeckpark vroeër gesê het nie.

Gebed, sê Müller, is die wonder van kommunikasie met God.

Van Niekerk wys ook daarop dat daar verskeie vorme van gebed is. Voorbidding is maar een vorm, al het dit vir baie mense die enigste vorm van gebed geword.

Daar is egter dieper vorme van gebed waar ’n mens nie soseer praat nie, maar as?’t ware vir God hoor. Hy verwys byvoorbeeld na Christelike meditasie waartydens ’n mens van God bewus word.

En as ’n mens in woorde bid, kan jy jou hart teenoor God uitstort sonder om noodwendig antwoorde te verwag. God is vrymagtig. Hy besluit.

Dit word ’n probleem as ’n mens Hom wil manipuleer pleks van te bid dat sy wil geskied.

Op ’n manier, sê Van Niekerk, is gebed om ingestel te wees op die fyn spore van God in die sand.

Müller meen as die apostel Paulus skryf dat ’n mens moet “bid sonder ophou” dui dit daarop dat gebed eintlik ’n lewenswyse word.

Omdat daar soveel verskillende vorme van gebed is, sê Müller, moet ’n mens versigtig wees met kritiek op ander se gebede.
Alle gebed is maar stamelende pogings om na God uit te reik.

Alles wat ’n mens sê oor gebed skiet tekort. Gebed is ’n manier om in kontak te kom met die Onbegryplike.

Pieter van Niekerk

Seisoen van Luister Powerpoint
Geen verdere preekriglyne in argief 

Tags: , , ,

Trackback from your site.

Leave a comment