Wanneer Liturgie na ons toe kom!

Written by Frederick on . Posted in Gemeentes

Cas Wepener het onlang by Communitas ‘n baie interessante oggend oor Liturgie gereël. Prof Paul Post van die Universiteit van Tilburg. Hy is bekend vir sy navorsing in liturgie en spesifiek vir die onderskeid tussen die liturgie wat van die kerk uitgaan en die litrugie wat na die kerk toe kom!  Hy stel dit self soos volg:

My research concerns rituals, more specific the following areas: modern devotion: research into developments in contemporary ritual setting with a view to the inculturation of Christian liturgical rituals. Special attention is paid to emerging rituals (silent marches, roadside shrines,…). (http://www.uvt.nl/webwijs/show/?uid=p.g.j.post)

In sy voorlegging die oggend by Communitas het hy gekonsentreer op die liturgie wat die gemeentskap spontaan skep en die interaksie met christelike liturgie. Ek moet sê ek het nog nooit so oor liturgie gedink nie. Vir my was liturgie nog altyd die liturgie wat die gemeente (meestal maar die dominee) skep en waarheen die gemeente genooi word om aan deel te neem. Paul Post het vir my ‚n venster oopgemaak wat ek dink baie belangrik is in die uitleef van ons gestuurde roeping as gemeentes. As ons eredienste bv missionêr of publiek wil maak kan hierdie prespektief ons baie help. Ek dink Paul Post gee aan ons ‚n baie beter alternatief as wat ons Liturgiese handboek voorstel nl dat ons in missionere eredienste aan uitreike kans moet gee om te vertel hoe die gemenete in die gemeenskap uitreik nie.

Ek kon nie help as om terug te dink aan die verhaal wat prof Bethal vertel het van die Sente-vir Sending-bussies in Moederkerk Stellenbosch nie.  Jaar na jaar is daar gerapporteer dat daar geen allementasie gevallle(arm mense wat die gemeente finansieel moet ondersteun)  in die gemeente is nie. In daardie tyd het die bergies (`n kaapse naam vir straatmense) by die kerk ingebreek en die Sente-vir-Sending bussies gesteel! Prof Bethal het altyd met die vertel van die verhaal gegiggel oor die blindheid van die gemeente vir die armoede in haar midde en die wyse waarop die Bergies sommer self die saak reggestel het! Inderdaad litrugie wat na die gemeente gekom het.

Ek het die afgelope week met die verkiesing ook so gevoel.  Vooraf was daar groot bekommernis oor die moontlikheid van geweld en intimidasie tydens die verkiesing, juis omdat die verkiesing so fel was met die koms van nuwe partye.  Sal ons land se mense polities volwasse genoeg wees om hulle demokratiese reg te gebruik sonder om mekaar te intimideer, was die vraag op almal se lippe?  En toe word hierdie 4de verkiesing van ons jong demokrasie die vreedsaamste van almal. Soos ons dit al ken het mense in lang rye gestaan- geduldig gedienstig  gedwee- soos  Jan Celliers se osse. Vir een keer in vier jaar is ons almal se stem ewe veel werd, ongeag ouderdom, ras, geslag, taal, seksuaele orientasie, noem maar op wat die dinge is wat ons verdeel.

Die wonderlikste is dat stemdag eintlik ‚n feesviering geword het. Sondag, na stemdag,  drink ons tee saam met ‘n 70jarige dame wat in kleur vertel hoe sy stemdag geniet het.  By die aankoms is die ry lankerig, sê sy.  Langs die ry staan ‚n jong polisievrou. Is jy nou hier om te keer dat ons nie baklei nie?, vra sy die polisievrou.  Ja tannie, antwoord sy. Dan kan jy maar huis toe gaan, ons is hier om te stem, ons gaan nie baklei nie, sê die tante vir die polisievrou. Ek kan vir tannie agterom neem as tannie wil, ons mag dit doen vir bejaardes, antwoord die polisievrou vriendelik.  Nee my kind, laat ons tante weet, ek mis hierdie lekker kuier vir niks in die wêreld nie, maar dankie in elk geval. Ons gesprek gaan naatloos aan na wie ons verkose president gaan kies as ons land se eerste dame.

So het die vrede die afgelope week na ons gekom, is dit deur God aan ons land gegee, nie in die eerste plek aan die gemeente nie, maar aan die land se mense.  As ons nou begin om hierdie liturgie, die een wat deur God aan ons gegee word, wat na ons toe kom, ook te begin vier in ons eredienste.  God is in ons gemeenskap besig om sy Koninkryk te laat kom en wanneer die Koininkryk kom, is daar fees, is daar viering, nie net in die Hemel nie maar ook in ons huise, ons strate en hopelik ook in ons gemeentes.

Met die begrafnis van Lady Dianna het ons almal vasgenael gesit voor die TV en luister die roerende huldeblyk van haar broer.  In die Westminister Abbey Saterdag 6 September 1997, was alles gepaslik formeel en somber, buite was daar honderde duisende mense wat oor luidsprekers na die diens geluister het. Nadat die Earl of Spencer gespraat het, het die skare buite die gebou  begin handeklap, jy kon dit in die Abbey hoor, eintlik kon hulle aangaan met die diens nie omdat die geraas so hard was.  En toe begin mense een na die ander begin die mense in die Abbey hande te klap. Vir ‚n paar minute kom die litrugie van die straat die katedraal binne en transformeer dit in ‚n feesgeleetheid.

In hoeveel van ons gemeentes is daar die Sondag voor die verkiesing gebid vir vrede, in hoeveel is daar die Sondag na stemdag feesgevier oor die vrede wat na ons toe gekom het?  Toe ons Sondag uitstap het ons gemeente se orrelis ons land se bekendste gesang gespeel- Nkosi Sikelel’ iAfrika’. Sy het onthou…dat tante wat in apartheid groot geword het en jong studente wat saam daaronder gely het, Woensdag God sy dank, in vrede en vreugde saam hulle kruisies gemaak het.

Trackback from your site.

Leave a comment