Wanneer ‘n Gemeente omdraai

Written by Besoeker on . Posted in Gemeentes

Daar is in die sakewereld ‘n groep uitgelese konsultante wat besighede help om om te draai as hulle in die moeilikheid beland. Hulle is kundiges met omdraai-strategie. Hulle eerste taak is om ‘n analise te maak en dan op ‘n strategie te besluit.

Kan gemeentes ook omdraai? en hoe werk dit as gemeentes omdraai. Een ding wat ek geleer is dat my vriende in die korporatiewe konsultasiebedryf met ander meganismes werk as wat ons tot ons beskikking het in gemeentes.

Dit bring meer skade as goed as ons met die top-down meganismes probeer om gemeentes om te draai.

Ek het gaan nadink oor ‘n gemeente wat “omgedraai” het van ‘n negatiewe kwyndende gemeente na ‘n groeiende gemeente met hope energie en inpak in die gemeenskap. Ek gaan eenvoudig puntgewys die verhaal soos wat ek dit onthou- julle kan self die teorie ontwerp:

  • Die gemeente het heelwat lidmate verloor oor ‘n dekade. Daar was heelwat gesprek intern maar ook vanaf die sinodale sisteme wat hulle bekommernis uitgespreek het.
  • ‘n Maatreel is getref dat ‘n bekende leraar met bewese vaardighede om groot getalle te terk en energie te skep sou inkom vir ‘n tyd van 2 jaar.
  • Die gevolg hiervan was ‘n kortstondige opbloei maar interne konflik onder leiers met baie pyn en lyding vir die leiers wat die gemeente gedien het in die afswaai.
  • Na ‘n tyd het die nuwe leraar bande met die gemeente gebreek en het van die sinodale leierskap gesprekke met die leraars gehad- wat  sou insluit dat van hulle moontlik ‘n ander werkkring sou vind. Die konflik het verhoog as gevolg hiervan en daar was duidelike tekens dat die gemeente interne weerstand ontwikkel teen leiers wat vir hulle kom se wat hulle moet doen. Ter selfdertyd was die leiers in die gemeente ook baie bekommerd oor die agteruitgang in die gemeente, maar kon oenskeinlik niks doen om dinge beter te maak nie. So ‘n gevoel van numbness was te bespeur onder hulle.
  • Voelers is uitgesteek na buur gemeentes van die NG en VG kerk vir samewerking. Daar was ook hier sprake van wantroue, maar stelselmatig het hulle gereed geraak om ‘n pad met mekaar te stap.
  • ‘n Deurbraak het gekom toe leiers van 3 gemeentes vir ‘n naweek hulle afgesonder het- en saam die wil van die Here gesoek het.  Hulle het Luk 24 gekies as die teks waarin daar gewandel is. Vooroordele en perspesies van mekaar is aangespreek. Daar was baie emosie- op ‘n stadium het ons gedink die emosie gaan nooi normaliseer nie- maar terugskouend was dat nodig om deur die pyn te werk- dit was soos geboortepyne. ek onthou talle gesprekke in daardie tyd wat emosie belaai was. Vir sommige leiers was dit eenvoudig onuitstaanbaar om daarmee gekonfronteer te moes word by bykans elke sessie.
  • ‘n Visie het uit die gesprekke ontstaan en toe kom die punt waar hulle mekaar moes vertrou. Daar was van alle kante huiwering. Elke party- in sommige gevalle elke individu betrokke, moes op ‘n punt iets prysgee. Vir sommige was die offer baie eksistensieel, vir ander meer finansieel en vir ander moreel.  Teen hierdie tyd was die dun lyn van vertroue sterk genoeg om ons so ver te bring dat ons die offers begin bring het.
  • Hierdie momente- ek sou dit momente van selfontlediging wou noem- het die proses momentum gegee- ek onthou ten minste twee momente waar die proses kon vasval waar leiers opgestaan het en hulle voorkeur vir die proses teruggetrek het- ons sou nie hiersonder vorentoe kon gaan nie.
  • Dit is belangrik om te noem dat ons nou lank al nie meer net predikante was wat bymekaar gekom het nie, van aldrie die gemeentes het daar ook gemeenteleiers deel geneem wat vandag nog deelneem en die visie lewend hou.
  • ‘n Ooreenkoms is gesluit na aanleiding van die visie- hoewel dit nie presies was soos wat ons almal dit wou he nie- ons moes kompromie maak ter wille daarvan om mekaar te akkomodeer.
  • Stap vir stap is die proses uitgerol oor twee jaar en is die gemeente nou by die punt waar hulle kan terugkyk met verwondering- NIEMAND SOU OOIT KON DROOM DAT ONS BINNE TWEE JAAR SO VINNIG KON OMDRAAI NIE
  • Ons is nou weer by die punt wat ons terugkeer na die oorspronklike droom en ons weer gaan afsonder om van die Here ‘n pad vorentoe te kry – ek kan nie wag vir die geleentheid nie dit gaan ‘n vreugdevolle affere wees.

Ek praat onlangs met ‘n nuwe gemeentelid wat van die hele proses niks weet nie. Sy borrel eenvoudig van entoesiasme oor wat in die gemeente gebeur- terwyl ek daarna luister haal ek my hoed af vir die leiers wat almal by ‘n draaipunt moes kom waar hulle hulleself moes leegmaak van eie voorkeur, pyn en onreg. Ek verwonder my weer ‘n keer wat kan gebeur wanneer ons binne die kragveld van Gees onsself oorgee aan God se droom wat altyd groter is as ons eie.

Trackback from your site.

Leave a comment