Vreemdelingehaat kom van die Bybelse tyd af… !

Written by webmeester on . Posted in Geregtigheid

Vreemdelinge  is  anders as ons. Dis mense van ander tale, kulture, rasse, lewenstandaard, agtergronde, geloofsoortuigings, spiritualiteit, seksuele oriëntasie – Robert Vosloo – gewoonlik dink, praat, lyk en beleef hulle God verskillend en/of glo hulle anders of dalk glo hulle glad nie; hulle tree “vreemd” op, is onbekend en word  uit pas met die hoofstroom leefwyse geëvalueer.

Dié onkunde wat gewoonlik oor hulle bestaan,  wek vooroordele, agterdog, afkeer en selfs onreg. Hierdie denke en gevoelens kan bedreigend  wees en selfs vrees veroorsaak, asosiale gedrag meebring en haat tot gevolg hê.

Alhoewel xenofobie letterlik “vrees vir vreemdelinge” beteken, kom dit die afgelope paar jaar  in skokkende gedaantes van “vreemdelingehaat” soos: “uitskel en vloek, uitskop en wegjaag, beroof, aanrand en vermoor” voor. Dié onmenslike.liefdelose gedrag, onreg en die wrede mishandeling kan nooit regverdig word nie. Kort na “Jabulani” vir die laaste keer in Soccer City geskop is, haal xenofobie weer die nuusblaaie, radio en televisie. Dis so asof daar net na die 90% positiewe evaluering van die wêreld beker gewag was, voor die onverdraagsames hul kriminele kant wys. Hierdie keer is dit veral die Somaliërs wat die slagoffers van vreemdelingehaat, misdaad en rassisme is.

Thaduxolo Jika skryf in Daily Dispatch Online (2009/03/05) oor sy ondersoek op die aanvalle van die Somaliese immigrante. Hy het in ‘n tronk onderhoude gevoer met ’n misdadiger wat minstens vier Somaliese immigrante in die Oos-Kaap vermoor het. Dié moordenaar  het geweet dat hulle baie geld by hulle dra, hulle mag nie bankrekenings in Suid-Afrika open nie. Hulle is sagte teikens en dra geen vuurwapens nie. Wanneer die Somaliërs net een in die winkel is, terwyl die ander vir Allah gaan bid, word hulle maklik beroof. Hulle word koelbloedig doodgeskiet wanneer hul weerstand bied. Hy regverdig dit verder dat die inwoners van die township glad nie van die Somaliërs hou nie en nie omgee wat met hulle gebeur nie. Hulle is anders en vreemd. Hy sou nie iemand wat soos hy lyk en swaarkry beroof nie. .

.Vreemdelinge was reeds van die vroegste tye af ’n realiteit. Die woord “vreemdeling” is nie vreemd vir die Bybel nie, dit kom gereeld (ongeveer 75 maal), hoofsaaklik in die Ou Testament voor.  Daar bestaan verskeie voorskrifte oor hoe gelowiges met vreemdelinge saamlewe, respek en deernis moet toon. Hulle word beskerm (onder andere Eksodus 22:21; Deut 1018-19;14-29; Psalm 146:9). Gelowiges kry bepaalde opdragte soos om hul lief te hê, kos met vreemdelinge te deel, te versorg en hulle nie te verdruk nie (onder andere Jesaja 58:7; Eksodus 23:9;Levitikus 19:10; 34).

 

Die Bybel vertel bekende verhale van vreemdelinge. Nadat  Kain sy broer Abel vermoor swerf hy rond en word ‘n vreemdeling. Ten spyte van sy straf toon die Here genade en beskerm hom. Abraham het sy huis verlaat en as ‘n vreemdeling in Egipte geleef. God hou sy belofte aan Abraham gestand en hy word die “vader van baie”. Op ‘n keer besoek God vir Abraham in die gedaante van ‘n vreemdeling. Josef beland in Egipte as  vreemdeling. Sy pa en broers word tydens ‘n droogte deur Josef na Egipte gebring. Na Josef se dood ervaar Israel eerstehands wat dit beteken om vreemdelinge in Egipte te wees en om verdruk te word. Hulle was gevrees omdat hulle so baie geword het. Later beland hulle in Babilon as vreemdelinge. Israel word  gereeld daaraan herinner dat hulle vreemdelinge was , daarom moet hulle nooit vergeet om vir die vreemdelinge om te gee nie. Vreemdelinge is kwesbaar, die geskiedenis wys dit oor en oor. Vreemdelinge voer gewoonlik ‘n stryd om menswaardig behandel te word en word gereeld as sondebokke gebrandmerk.

Jesus was self ook ‘n vreemdeling, sonder huis en ‘n  plek om sy kop op te lê. Matteus vertel hoe Jesus ‘n vlugteling in Egipte was toe Josef en Maria met Hom moes vlug. Johannes skryf sy eie mense het Hom nie aanvaar nie. Lukas herinner ons weer daaraan dat daar geen herberg was nie en Jesus word weg van sy ouerhuis in ‘n stal gebore. Die opgestane Jesus is die vreemdeling saam met die persone op die pad na Emmaus. Die twee het ‘n oop gesindheid teenoor dié vreemdeling gehad. Lukas beklemtoon dat volgelinge van Jesus  oop is vir die vreemdeling wat hulle op hul pad teëkom. Volgelinge praat met vreemdelinge hulle luister en leer by mekaar. Hulle nooi mekaar binne. Hulle is gasvry teenoor vreemdelinge. Die Bybelse woord gasvryheid word met die openheid, liefde en vriendelikheid teenoor vreemdelinge verbind. Die egtheid van iemand se liefde vir God word, op grond van Christus se liefde vir mense, veral die geringstes, aan die egtheid van sy/haar liefde  vir mense soos die vreemdelinge getoets.. Dit is nie onwaarskynlik dat gasvryheid, ons erkenning, respek en openheid vir die vreemdeling, dalk ‘n ontmoeting met God self is nie.

God word sigbaar deur ‘n mens wat Hom met die geringstes (mense sonder kos, water en/of klere, siekes, prisoniers en vreemdelinge) vereenselwig (Matteus 25). Jesus sê: ”Ek was ‘n vreemdeling, en julle het my gehuisves” (vers 35).

Dis nie vreemd dat die Bybelskrywer Petrus gelowiges  as “vreemdelinge en bywoners” noem nie (1 Petrus 2:11). Sy lesers was hoofsaaklik uitlanders, wat nie eiendom kon besit nie en politieke regte gehad het nie. Hulle was uiters kwesbaar en uitgelewer aan onreg en diskriminasie. Maar, hulle word in die Christelike geloof as burgers van God se nuwe wêreld erken.

Jesus was woedend oor die binnehof van die tempel wat deur die handelaars oorgeneem was. Dit was die aanbiddingsruimte vir vreemdelinge gewees. Die instandhouding van die Joodse godsdiens tradisie het die ander mense van die tempel beroof. (Lukas 19:45-48). Christelike geloofsgemeenskappe  se identiteit word nie deur tradisie gedra nie maar aan ons deur vreemdelinge gegee. “Deur hulle te verwelkom, met hulle in gesprek te gaan, diep na hulle te luister en by hulle te leer, ontvang ons as gemeente ‘n nuwe verstaan van ons identiteit. Indien dit nie gebeur nie, sal ons die evangelie mak maak om te pas in die sak van ons eie kultuur gemaksone” (Frederick Marais)

Dis duidelik. Meeste Suid-Afrikaners is gasvry sover dit nie hul posisie benadeel nie. Die duisende vreemdelinge wat sokker  kom kyk het, het ’n wonderlike ervaring gehad. Maar dis verby, hulle is terug huis toe. Die onwettige vreemdelinge is hier om te bly en ’n lewe te maak of ten minste net te oorleef. Hulle is gewoonlik geletterd, bereid om hard te werk en baie is enterpreneurs. Hulle bedreig veral die werklose en arm Suid-Afrikaners. Die saak bemoeilik verder die gebrekkige plaaslike dienslewering. Hulle word van misdaad verdink en sommiges is inderdaad kriminele.

Gemeentes en gelowiges is “kerk vir andere” (Nico Koopman)  wat uitreik en diens lewer aan mense  buite die kerk. Hulle staan waar God staan by die verontregte, toon deernis, geduld en begrip aan vreemdelinge en stry teen enige vorm van onreg soos xenofobie. Hulle staar hul nie blind vir die oorsake en gevolge van vreemdelingehaat nie, en laat die reg sy gang gaan,  ook wanneer die vreemdelinge ons landswette oortree.

Pieter van Niekerk

 

Vreemdelingehaat  kom van die Bybelse tyd af… !

 

“Hy laat reg geskied aan die weeskind en weduwee. Hy het die vreemdeling lief en gee vir hom kos en klere. Jy moet ook die vreemdeling liefhê, want jy was self ‘n vreemdeling in Egipte” (Deuteronomium 10:18-19).

 

In 1990 bring ek ‘n groete boodskap aan ‘n bejaarde moeder in Alexandra van haar uitgeweke digterseun in London. Sy het ongevraagd haar misnoeë met die “inkommers” van Alexandra gedeel “Dis hulle wat Alexandra ‘n slegte plek maak, hulle het geen respek vir die etos van Alex nie”, vertel sy my. Ek was stom geslaan oor haar ongeduld met die “vreemdelinge” wat onder moeilike omstandighede ‘n heenkome in die township kom soek het. Sy het hulle weggewens, terwyl haar seun in ’n vreemde land woon.  Vandag besef ek dit was eintlik ‘n vorm van xenofobie.

Vreemdelinge  is  anders as ons. Dis mense van ander tale, kulture, rasse, lewenstandaard, agtergronde, geloofsoortuigings, spiritualiteit, seksuele oriëntasie – Robert Vosloo – gewoonlik dink, praat, lyk en beleef hulle God verskillend en/of glo hulle anders of dalk glo hulle glad nie; hulle tree “vreemd” op, is onbekend en word  uit pas met die hoofstroom leefwyse geëvalueer.  

Dié onkunde wat gewoonlik oor hulle bestaan,  wek vooroordele, agterdog, afkeer en selfs onreg. Hierdie denke en gevoelens kan bedreigend  wees en selfs vrees veroorsaak, asosiale gedrag meebring en haat tot gevolg hê.  

 

Alhoewel xenofobie letterlik “vrees vir vreemdelinge” beteken, kom dit die afgelope paar jaar  in skokkende gedaantes van “vreemdelingehaat” soos: “uitskel en vloek, uitskop en wegjaag, beroof, aanrand en vermoor” voor. Dié onmenslike.liefdelose gedrag, onreg en die wrede mishandeling kan nooit regverdig word nie. Kort na “Jabulani” vir die laaste keer in Soccer City geskop is, haal xenofobie weer die nuusblaaie, radio en televisie. Dis so asof daar net na die 90% positiewe evaluering van die wêreld beker gewag was, voor die onverdraagsames hul kriminele kant wys. Hierdie keer is dit veral die Somaliërs wat die slagoffers van vreemdelingehaat, misdaad en rassisme is. 

 

Thaduxolo Jika skryf in Daily Dispatch Online (2009/03/05) oor sy ondersoek op die aanvalle van die Somaliese immigrante. Hy het in ‘n tronk onderhoude gevoer met ’n misdadiger wat minstens vier Somaliese immigrante in die Oos-Kaap vermoor het. Dié moordenaar  het geweet dat hulle baie geld by hulle dra, hulle mag nie bankrekenings in Suid-Afrika open nie. Hulle is sagte teikens en dra geen vuurwapens nie. Wanneer die Somaliërs net een in die winkel is, terwyl die ander vir Allah gaan bid, word hulle maklik beroof. Hulle word koelbloedig doodgeskiet wanneer hul weerstand bied. Hy regverdig dit verder dat die inwoners van die township glad nie van die Somaliërs hou nie en nie omgee wat met hulle gebeur nie. Hulle is anders en vreemd. Hy sou nie iemand wat soos hy lyk en swaarkry beroof nie. .

.  

Vreemdelinge was reeds van die vroegste tye af ’n realiteit. Die woord “vreemdeling” is nie vreemd vir die Bybel nie, dit kom gereeld (ongeveer 75 maal), hoofsaaklik in die Ou Testament voor.  Daar bestaan verskeie voorskrifte oor hoe gelowiges met vreemdelinge saamlewe, respek en deernis moet toon. Hulle word beskerm (onder andere Eksodus 22:21; Deut 1018-19;14-29; Psalm 146:9). Gelowiges kry bepaalde opdragte soos om hul lief te hê, kos met vreemdelinge te deel, te versorg en hulle nie te verdruk nie (onder andere Jesaja 58:7; Eksodus 23:9;Levitikus 19:10; 34). 

 

Die Bybel vertel bekende verhale van vreemdelinge. Nadat  Kain sy broer Abel vermoor swerf hy rond en word ‘n vreemdeling. Ten spyte van sy straf toon die Here genade en beskerm hom. Abraham het sy huis verlaat en as ‘n vreemdeling in Egipte geleef. God hou sy belofte aan Abraham gestand en hy word die “vader van baie”. Op ‘n keer besoek God vir Abraham in die gedaante van ‘n vreemdeling. Josef beland in Egipte as  vreemdeling. Sy pa en broers word tydens ‘n droogte deur Josef na Egipte gebring. Na Josef se dood ervaar Israel eerstehands wat dit beteken om vreemdelinge in Egipte te wees en om verdruk te word. Hulle was gevrees omdat hulle so baie geword het. Later beland hulle in Babilon as vreemdelinge. Israel word  gereeld daaraan herinner dat hulle vreemdelinge was , daarom moet hulle nooit vergeet om vir die vreemdelinge om te gee nie. Vreemdelinge is kwesbaar, die geskiedenis wys dit oor en oor. Vreemdelinge voer gewoonlik ‘n stryd om menswaardig behandel te word en word gereeld as sondebokke gebrandmerk.

 

Jesus was self ook ‘n vreemdeling, sonder huis en ‘n  plek om sy kop op te lê. Matteus vertel hoe Jesus ‘n vlugteling in Egipte was toe Josef en Maria met Hom moes vlug. Johannes skryf sy eie mense het Hom nie aanvaar nie. Lukas herinner ons weer daaraan dat daar geen herberg was nie en Jesus word weg van sy ouerhuis in ‘n stal gebore. Die opgestane Jesus is die vreemdeling saam met die persone op die pad na Emmaus. Die twee het ‘n oop gesindheid teenoor dié vreemdeling gehad. Lukas beklemtoon dat volgelinge van Jesus  oop is vir die vreemdeling wat hulle op hul pad teëkom. Volgelinge praat met vreemdelinge hulle luister en leer by mekaar. Hulle nooi mekaar binne. Hulle is gasvry teenoor vreemdelinge. Die Bybelse woord gasvryheid word met die openheid, liefde en vriendelikheid teenoor vreemdelinge verbind. Die egtheid van iemand se liefde vir God word, op grond van Christus se liefde vir mense, veral die geringstes, aan die egtheid van sy/haar liefde  vir mense soos die vreemdelinge getoets.. Dit is nie onwaarskynlik dat gasvryheid, ons erkenning, respek en openheid vir die vreemdeling, dalk ‘n ontmoeting met God self is nie.

 

God word sigbaar deur ‘n mens wat Hom met die geringstes (mense sonder kos, water en/of klere, siekes, prisoniers en vreemdelinge) vereenselwig (Matteus 25). Jesus sê: ”Ek was ‘n vreemdeling, en julle het my gehuisves” (vers 35).

 

Dis nie vreemd dat die Bybelskrywer Petrus gelowiges  as “vreemdelinge en bywoners” noem nie (1 Petrus 2:11). Sy lesers was hoofsaaklik uitlanders, wat nie eiendom kon besit nie en politieke regte gehad het nie. Hulle was uiters kwesbaar en uitgelewer aan onreg en diskriminasie. Maar, hulle word in die Christelike geloof as burgers van God se nuwe wêreld erken.

 

Jesus was woedend oor die binnehof van die tempel wat deur die handelaars oorgeneem was. Dit was die aanbiddingsruimte vir vreemdelinge gewees. Die instandhouding van die Joodse godsdiens tradisie het die ander mense van die tempel beroof. (Lukas 19:45-48). Christelike geloofsgemeenskappe  se identiteit word nie deur tradisie gedra nie maar aan ons deur vreemdelinge gegee.Deur hulle te verwelkom, met hulle in gesprek te gaan, diep na hulle te luister en by hulle te leer, ontvang ons as gemeente ‘n nuwe verstaan van ons identiteit. Indien dit nie gebeur nie, sal ons die evangelie mak maak om te pas in die sak van ons eie kultuur gemaksone” (Frederick Marais)

 

Dis duidelik. Meeste Suid-Afrikaners is gasvry sover dit nie hul posisie benadeel nie. Die duisende vreemdelinge wat sokker  kom kyk het, het ’n wonderlike ervaring gehad. Maar dis verby, hulle is terug huis toe. Die onwettige vreemdelinge is hier om te bly en ’n lewe te maak of ten minste net te oorleef. Hulle is gewoonlik geletterd, bereid om hard te werk en baie is enterpreneurs. Hulle bedreig veral die werklose en arm Suid-Afrikaners. Die saak bemoeilik verder die gebrekkige plaaslike dienslewering. Hulle word van misdaad verdink en sommiges is inderdaad kriminele.  

 

Gemeentes en gelowiges is “kerk vir andere” (Nico Koopman)  wat uitreik en diens lewer aan mense  buite die kerk. Hulle staan waar God staan by die verontregte, toon deernis, geduld en begrip aan vreemdelinge en stry teen enige vorm van onreg soos xenofobie. Hulle staar hul nie blind vir die oorsake en gevolge van vreemdelingehaat nie, en laat die reg sy gang gaan,  ook wanneer die vreemdelinge ons landswette oortree.

 

Pieter van Niekerk  

  

Trackback from your site.

Leave a comment